Ko­bus van der Mer­we

Weg! Platteland - - Wild & Wonderlik -

PATERNOSTER, WES-KAAP Sy­dis­sel, brand­ne­tels, geel­su­ring en mis­bre­die

Ko­bus, die sjef by die re­stau­rant Oep ve Koep op Paternoster, hou daar­van om veldkos te ge­bruik in sy in­heem­se ge­reg­te. “Vir my is on­kruid gra­tis groen­goed,” sê hy. Hy ge­bruik graag sag­te jong sy­dis­sel­blaar­tjies in ’n ge­reg wat hy met ka­bel­jou en swart o­ly­we maak, maar ook in sy Boot-tuin­slaai wat hy saam­stel uit e­nig­iets eet­baars wat op­ge­slaan het in ’n ou vis­ser­boot­jie wat staan­ge­maak is in die re­stau­rant se ag­ter­plaas. Die Wes­kus is ’n droë plek teen die ein­de van die so­mer, sê Ko­bus. “In droog­te­tye is ek ver­al dank­baar vir ‘on­kruid’ soos C­he­no­po­di­um mu­ra­le, wat o­ral flo­reer ter­wyl al­les an­ders swaar­kry.”

In sy boek S­trand­veld­food (Sun­bi­rd, 2015) ver­dui­de­lik Ko­bus hoe om brand­ne­tels hel­der­groen te hou in ’n so­p­re­sep wat op­ge­dra is aan die fo­to­graaf Jac de Vil­liers. Dié skryf in die re­sep se in­lei­ding: “Ek dink dit is be­lang­rik om brand­ne­tels as ’n krui te be­skou en nie as ’n on­kruid nie.” A­men.

@ko­busvd­mer­we

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.