Do­no­van Kirk­wood

Weg! Platteland - - Wild & Wonderlik -

NOORD­HOEK, WES-KAAP Nas­ter­gal, per­de­blom, brand­ne­tels, sy­dis­sels, mier­kruid en wil­dep­reie

Do­no­van, ’n be­wa­rings­we­ten­skap­li­ke en tui­nier van Noord­hoek, het ’n oop­deur­be­leid as dit by eet­ba­re on­kruid kom: “Ek los die nut­ti­ge on­kruid in ons groen­te­tuin­bed­dings en moe­dig hul­le selfs aan om­dat dit so­veel sag­ter en smaak­li­ker is dank­sy die reg­te groei­toe­stan­de.” Nas­ter­gal word toe­ge­laat “om sy ding te doen, maar dik­wels eet die hoen­ders al die ryp bes­sies en los niks vir ons nie”.

Mier­kruid is een van sy guns­te­lin­ge: “Ek dink dit het een van die u­niek­ste, aan­ge­naam­ste geu­re van al die eet­ba­re on­kruids­oor­te.” Oor ge­wo­ne mis­bre­die is hy min­der op­ge­won­de: “On­danks hul­le re­pu­ta­sie as plan­te met ’n hoë pro­te­ïen­in­houd, ver­moed ek hul­le be­vat ook baie de­fen­sie­we che­mi­ka­lieë en kan dalk selfs voe­dings­waar­de ak­tief be­dui­wel.”

Don se be­lang­stel­ling in eet­ba­re wil­de plan­te het be­gin toe hy in die twin­tig was, toe hy “nog ver­lief was op die i­dee om uit die grond te le­we”. Wat is ’n on­kruid? “Dit im­pli­seer ’n stra­te­gie. Wil­de plan­te het aan­ge­pas om vrug­baar te wees, mak­lik te ver­sprei en vin­nig te groei... hul­le be­vat ook min che­mie­se ver­de­di­gings­me­ga­nis­mes teen plun­de­raars en is dus dik­wels baie smaak­lik.”

@green­li­ma­be­ans

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.