Nik­ki B­rig­h­ton

Weg! Platteland - - Wild & Wonderlik -

DARGLE, K­WAZU­LU-NA­TAL Ge­wo­ne mis­bre­die, brand­ne­tels, mis­bre­die en por­se­lein­blaar

Dié boor­ling van K­wazu­lu-na­tal ont­hou hoe brie­send sy was toe ’n boer ’n wei­kamp vir koeie na­by haar huis in Dargle met on­kruid­do­der ge­spuit het: “Hy wou nie hê e­nig­iets moet met sy koeie se wei­ding mee­ding nie, maar in die pro­ses het hy al die kos ver­woes wat die plaas­wer­kers el­ke aand ge­pluk het.” Vol­gens Nik­ki, ’n kos­ak­ti­vis, skry­wer en ve­ge­ta­ri­ër, het Nom­bui­ze­lo Mok­ho­ak­hoa, ’n Sotho-vrou wat in die Mid­del­land kom werk het, en an­der plaas­li­ke Zoe­loe-vroue haar ge­leer oor die eet­ba­re on­kruids­oor­te wat sy nou “am­per el­ke dag ge­niet”. Een van haar guns­te­ling­ge­reg­te is ge­wo­ne mis­bre­die wat sy roer­braai saam met ris­sie, knof­fel en ge­kap­te ta­ma­ties, en sy is ook mal oor brand­ne­tels ge­stoom saam met aar­tap­pels. Mier­kruid voeg sy weer by roer­ei­er of slaaie.

Nik­ki is die skry­wer van die kook­boek M­nan­di wat van­jaar in die len­te ver­skyn met ’n i­mifi­no-af­de­ling wat “le­sers sal aan­moe­dig om met nu­we oë na die groen­goed in hul­le groen­te­bed­dings te kyk”. Die op­brengs uit die ver­ko­pe van die boek word ge­skenk aan die M­pop­ho­me­ni-be­wa­rings­groep.

mpop­ho­me­ni­con­ser­va­ti­on­group.word­press.com/m­nan­di/

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.