Y­von­ne Weiss

Weg! Platteland - - Wild & Wonderlik -

PAARL, WES-KAAP Nas­ter­gal en por­se­lein­blaar

Y­von­ne het as jong mei­sie in Port E­li­za­beth saam met haar ou­ma nas­ter­gal­kon­fyt ge­kook, maar dink haar ou­ma het haar net pro­beer be­sig hou aan­ge­sien “dit ’n pun­te­ne­ri­ge sto­rie is”. Hul­le het die vrug­te “soep­soe­per­tjies” ge­noem.

Dees­dae pak sy por­se­lein­bla­re op die grond­boon­tjie­bot­ter­brood­jies wat sy maak wan­neer haar groep el­ke maand gaan vo­ëls tel by die ri­ool­wer­ke by Paarl Bi­rd Sanc­tu­a­ry. (Dié af­ge­tre­de mu­siek­on­der­wy­ser wat Woens­dae die or­rel speel by die Ho­ly T­ri­ni­ty- Ang­li­kaan­se kerk in die Paarl, re­ël al die af­ge­lo­pe 20 jaar hier­die maan­de­lik­se vo­ël­stel­ses­sies.)

Haar groot tuin oor­leef op re­ën, en hoe­wel daar in droog­te­tye baie min groen goed oor­bly, is daar al­tyd por­se­lein­blaar.

“Por­se­lein­blaar is ’n baie lek­ker groen­te­soort as jy dit voeg by ge­so­teer­de ui en ta­ma­tie en dit net lig­gies gaar­maak. Dit het nog­al ’n sterk geur en maak ook ’n heer­li­ke bre­die.”

Maar moe­nie met haar oor mier­kruid praat nie. “Mier­kruid,” sê Y­von­ne, “is ’n to­ta­le on­be­nul­lig­heid.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.