Hou jou vet­plan­te ge­luk­kig

Weg! Platteland - - Wild & Wonderlik -

Vin­ger-en-duim­pie Om­dat hier­die reus­ag­ti­ge plant­fa­mi­lie uit so­veel uit­een­lo­pen­de spe­sies be­staan, is daar ’n vet­plant ge­skik vir om­trent al­le kli­maat­en groei­toe­stan­de.

Vet­plan­te kan rof­weg in t­wee soor­te ver­deel word: die ge­har­des wat reg­deur die jaar bui­te kan groei, en die min­der ge­har­des wat be­skut­ting no­dig het in die koue win­ter­maan­de en hoog­so­mer. Doen ’n bie­tjie huis­werk om­trent die plant­spe­sie wat jy aan­skaf.

’n Groot wan­per­sep­sie is dat al­le vet­plan­te ge­har­de son­lief­heb­bers is wat met min of geen wa­ter nie kan klaar­kom. Vet­plan­te het meer wa­ter no­dig in hul­le groei­sei­soen en min­der in hul­le rus­tyd, maar on­ge­ag die sei­soen moet die grond da­rem ef­fens uit­droog voor­dat die plant weer wa­ter kry.

By­na al­le vet­plan­te ver­kies grond wat goed drei­neer. Hul­le hou nie van nat voe­te nie en ver­kies san­de­ri­ge grond waar­in oor­tol­li­ge wa­ter goed kan weg­sink.

1 Die reg­te soort 2 Wa­ter 3 Grond

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.