WAAR KAN ’N MENS GAAN KYK?

Weg! Platteland - - Wild & Wonderlik -

Oos van Van­rhyns­dorp, na­by die pad tus­sen Nieu­woudt­vil­le en Loe­ries­fon­tein, is die Gan­na­bosko­ker­boom­woud. Dit is 300 ha groot – die groot­ste na­tuur­li­ke ko­ker­boom­woud ter wê­reld. Die ei­e­naars van Gan­na­bos, Mer­we en Nak­kie van Wyk, se plaas­hek­ke is oop vir men­se wat die ko­ker­boom­woud op hul­le plaas wil ver­ken. Die Wie­se-fa­mi­lie ont­vang ook se­dert die ja­re se­wen­tig be­soe­kers aan die K­ners­vlak­te op hul­le pri­va­te re­ser­vaat, Qu­ag­gas­kop, 30 km noord van Van­rhyns­dorp. Die re­ser­vaat is ryk aan plant­le­we en be­soe­kers mag dit te voet ver­ken op ’n slen­ter­roe­te van 4 km.

Die on­langs ge­pro­kla­meer­de K­ners­vlak­te-re­ser­vaat van 680 km2 is on­ge­luk­kig nog nie oop vir die pu­bliek nie.

Gan­na­bos 027 218 1249

gan­na­bos.co.za Qu­ag­gas­kop 082 829 8669 (Buys Wie­se jr.) of 076 391 4700 (Christine Vis­ser-wie­se)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.