Ge­roos­ter­de vark en kool met bal­se­miek­a­syn

Weg! Platteland - - Kook Met Kool - Win­ter 2016

Ge­noeg vir 4-6 Be­rei­dings­tyd 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 90 mi­nu­te

Ge­bak­te kool kry ’n heel­te­mal an­der teks­tuur en geur as as jy dit kook. Pro­beer dit met hier­die var­klies – dit smelt be­hoor­lik in jou mond.

Jy be­no­dig

• 1,2 kg var­klies ( vel ver­wy­der • ½ kop­pie (125 ml) bruin­sui­ker • ½ kop­pie (125 ml) wa­ter • ½ kop­pie (125 ml) bal­se­miek­a­syn • 2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­druk • ¼ kop­pie (60 ml) so­ja­sous • 4 spriet­uie, fyn­ge­kap

VIR DIE KOOL • 1 kool­kop • 2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­druk • 2 eet­le­pels (30 ml) o­lyf­o­lie • 2 eet­le­pels (30 ml) suur­le­moen­sap • ½ kop­pie (125 ml) ge­ras­per­de par­me­saan­kaas • 4 eet­le­pels (60 ml) bot­ter

Só maak jy

Ver­hit die oond tot 160 ºc (son­der die waai­er). Sny die vleis in breë re­pe of blok­ke van 3 cm en pak dit met die vet­kant na bo in ’n oond­bak van 20 x 30 cm.

Meng die sui­ker, wa­ter, a­syn en knof­fel in ’n ka­strol en ver­hit die meng­sel sta­dig. Roer dit tot die sui­ker op­ge­los het, haal dit van die plaat af en giet dit oor die vark. Be­dek die bak met foe­lie en sit dit vir 30 mi­nu­te in die oond.

Sny in­tus­sen die kool in wie­le van 3 cm dik. Pak die wie­le langs me­kaar in ’n vlak oond­bak. Meng die knof­fel, o­lyf­o­lie en suur­le­moen­sap en verf dit oor die kool.

Ver­hoog die oond­tem­pe­ra­tuur tot 200 ºc, haal die foe­lie van die vark­rib af en bak dit vir nog 15 mi­nu­te. Sit nou die bak met die kool ook in die oond. Draai ná 30 mi­nu­te el­ke kool­wiel ver­sig­tig om en sprin­kel 1 eet­le­pel par­me­saan­kaas en ½ tee­le­pel (2,5 ml) bot­ter oor el­ke wiel. Bak dit vir nog 15 mi­nu­te. Die vleis sal bros en taai aan die bui­te­kant en sag aan die bin­ne­kant wees, ter­wyl die kool ef­fens ferm maar gaar sal wees.

Meng ½ kop­pie van die vloei­stof waar­in die vark ge­bak het met die so­ja­sous en spriet­uie en sit dit op die ta­fel. S­kep vir elk­een ’n kool­wiel en ’n por­sie van die vark en s­kep 1-2 eet­le­pels van die so­ja­sous­meng­sel bo-oor. ’n Bak ka­pok­aar­tap­pel of ge­stoom­de rys wat nog ef­fens taai is, sal heer­lik smaak hier­by. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.