Ge­roos­ter­de krul­kool

Weg! Platteland - - Kook Met Kool -

Ge­noeg vir 2 Be­rei­dings­tyd 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 25 mi­nu­te

Bros krul­kool-“tjips” is ’n mak­li­ke ma­nier om ’n smaak­li­ke (én ge­son­de) sout­hap­pie met daar­die oor­tol­li­ge krul­kool in jou tuin te maak. Eks­pe­ri­men­teer met spe­se­rye en sa­de, maar ver­my e­ni­ge nat be­stand­de­le.

Jy be­no­dig

• 6 groot krul­kool­bla­re ( ka­le) • 1 tee­le­pel (5 ml) o­lyf­o­lie • 2 eet­le­pels (30 ml) fyn­

ge­ras­per­de par­me­saan­kaas • ½ tee­le­pel (2,5 ml) knof­fel­

poei­er • ½ tee­le­pel (2,5 ml) ris­sie­

poei­er of rooi­pe­per • ¼ tee­le­pel (1,25 ml) ko­myn

poei­er • ¼ tee­le­pel (1,25 ml) sout

vlok­kies

Só maak jy

Was die krul­kool deeg­lik en maak se­ker al die sand is af­ge­was. Druk die kool droog, skeur die har­de mid­del­ste deel van die blaar uit en skeur die res van die blaar in groot stuk­ke. Sit die bla­re in ’n slaai­spin­bak en draai dit vin­nig tot dit goed droog is. E­ni­ge vog aan die bla­re sal die “tjips” taai maak.

Ver­hit die oond tot 140 ºc (met die waai­er aan). Sit ’n oond­rak in die mid­del van die oond. Pak die droë bla­re op ’n oond­plaat. Gooi die o­lyf­o­lie in die palms van jou han­de en werk dit deur die bla­re. Mas­seer die bla­re lig­gies so­dat die o­lie deur al die bla­re ver­sprei word. Moe­nie nog o­lie by­gooi nie – dit sal die tjips pap maak. Meng die kaas, spe­se­rye en sout en sprin­kel dit e­we­re­dig oor die bla­re.

Ver­sprei nou die bla­re in ’n en­kel­laag op die bak­plaat – ver­skuif van die bla­re na ’n t­wee­de bak­plaat in­dien no­dig. Die bla­re moe­nie bo-oor me­kaar lê nie.

Bak dit vir 15 mi­nu­te, draai die pan­ne om en bak dit vir nog 10-12 mi­nu­te. Haal die plaat uit die oond en laat die tjips vir 3 mi­nu­te af­koel so­dat dit kan bros raak. Eet dit da­de­lik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.