Grond­boon­tjie-en-krul­kool­slaai

Weg! Platteland - - Kook Met Kool - Win­ter 2016

Ge­noeg vir 4 Be­rei­dings­tyd 10 mi­nu­te

As jy nie krul­kool in die han­de kry nie, kan jy ook ’n nu­wer­wet­se kool­slaai maak deur ge­snip­per­de ge­wo­ne kool te ge­bruik. Óf pro­beer spi­na­sie, sny­beet, broc­co­li of selfs spruit­kool wat jy fyn­kap.

Jy be­no­dig

• 2 kop­pies (500 ml) ge­kap­te

krul­kool ( • 3 eet­le­pels (45 ml) ge­kap­te

kol­jan­der­bla­re • 3 eet­le­pels (45 ml) ge­kap­te

ment­bla­re • 3 spriet­uie, fyn­ge­kap • ’n groot hand vol

grond­boon­tjies

VIR DIE SOUS • 3 tee­le­pels (15 ml) glad­de

grond­boon­tjie­bot­ter • 2 tee­le­pels (10 ml) rys­a­syn • 2 tee­le­pels (10 ml) warm wa­ter • 2 tee­le­pels (10 ml) so­ja­sous • ½ tee­le­pel (2,5 ml) se­sam­o­lie • 1 tee­le­pel (5 ml) lem­me­tjie­sap • 1 knof­fel­hui­sie, fyn­ge­druk • 1 tee­le­pel (5 ml) ge­ras­per­de vars gem­mer

Só maak jy

Was die krul­kool­bla­re deeg­lik in t­wee af­spoel­wa­ters om se­ker te maak geen sand bly ag­ter nie. Druk dit droog en kap dit dan baie fyn.

Meng die kool, kol­jan­der, ment en sprietui in ’n bak. Roos­ter die grond­boon­tjies droog in ’n pan tot­dat dit lig­bruin word. Gooi sout oor die grond­boon­tjies en sprin­kel dit dan oor die groen­te.

K­lits die be­stand­de­le vir die sous met ’n vurk tot dit goed ge­meng is, en skep dit oor die groen­te. Meng al­les goed deur en sit dit da­de­lik voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.