Brus­sel­se sprui­te met cho­ri­zo

Weg! Platteland - - Kook Met Kool -

Ge­noeg vir 4 Be­rei­dings­tyd 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 15 mi­nu­te

Brus­sel­se sprui­te, ook be­kend as spruit­kool, is heer­lik mits dit baie vars ge­ëet en nie oor­gaar ge­maak word nie. As ’n va­ri­a­sie kan jy dit met e­ni­ge lid van die kool­fa­mi­lie ver­vang – stoom net eers die groen­te gaar. Skud dit dan ’n paar keer in die warm pan met die ge­braai­de cho­ri­zo en neu­te, en sit dit da­de­lik voor.

Jy be­no­dig

• 300 g brus­sel­se sprui­te • 150 g cho­ri­zo, in stuk­kies ge­sny • 1 knof­fel­hui­sie, fyn­ge­druk • 2 eet­le­pels (30 ml) bot­ter • 50 g a­man­dels, grof­ge­kap

Só maak jy

Sny e­ni­ge bui­te­blaar­tjies wat oud of ver­rim­pel lyk, van die spruit­kool af. Sny die kool­tjies in der­des, so­dat jy e­we­re­di­ge plat sky­fies kool het.

Ver­hit ’n pan en braai die cho­ri­zo vir ’n paar mi­nu­te daar­in tot­dat dit be­gin bros raak. Skep dit uit. Gooi nou die knof­fel, bot­ter en kool in die­self­de pan en roer­braai dit vir on­ge­veer 10 mi­nu­te tot­dat die kool plek­plek bruin­ge­braai maar nog ferm is. Roer die cho­ri­zo en neu­te deur en sit dit da­de­lik voor as ’n by­kos by hoen­der of ’n lams­boud.

Plat­te­land sê

Pro­beer vars sprui­te in die han­de kry – dis dees­dae by Wool­ies en an­der su­per­mark­te te kry. Die be­vro­re soort kan maar gaan slaap teen hul­le vars sus­ters.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.