Pa­tat-en-krul­kool­ge­bak met blou­kaas

Weg! Platteland - - Kook Met Kool -

Ge­noeg vir 4-6 Be­rei­dings­tyd 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 25 mi­nu­te

Die blou­kaas kan jy met e­ni­ge an­der kaas soos brie of ched­dar ver­vang, en die krul­kool met e­ni­ge don­ker blaar­groen­te soos spi­na­sie, sny­beet ( s­wiss chard) of selfs sa­vo­jekool.

Jy be­no­dig

• 1 kg pa­tat • 150 g krul­kool (ook be­kend as blaar­kool

of har­de mid­del­stin­gel ver­wy­der • 6 eet­le­pels (90 ml) bot­ter • 1-2 rooi­uie, mid­del­deur en in dun

rin­ge ge­sny • 150 g blou­kaas, ge­krum­mel • 6 ok­ker­neu­te, grof­ge­kap

Só maak jy

Ver­hit die oond tot 200 ºc. Skil en sny die soet­pa­tat in blok­kies van 4 cm en stoom dit gaar (of be­dek dit met kleef­plas­tiek en stoom dit vir 10 mi­nu­te in die mi­kro­golf­oond op Hoog – stoom is die bes­te gaar­maak­me­to­de vir pa­tat, want as jy dit in wa­ter kook, ab­sor­beer dit baie vloei­stof en word dit pap en smaak­loos).

Was die krul­kool ’n paar keer on­der lo­pen­de wa­ter – vryf die bla­re om se­ker te maak e­ni­ge sand wat tus­sen die “krul­le” vas­ge­vang is, word af­ge­spoel. Kap die kool in grow­we re­pe en sit dit in ’n ver­giet­tes. Gooi nou ko­ken­de wa­ter oor so­dat die bla­re ef­fens ver­welk en die wa­ter af­loop.

Smelt die helf­te van die bot­ter in ’n pan en braai die uie tot dit sag is. Druk die soet­pa­tat fyn en meng dit met die krul­kool. Meng die helf­te van die uie en die helf­te van die blou­kaas daar­deur en geur die meng­sel na smaak met sout. Skep die meng­sel in ’n oond­vas­te bak en sprin­kel die res van die uie en kaas bo-oor, ge­volg deur die res van die bot­ter en laas­tens die neu­te. Bak dit vir 25 mi­nu­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.