Meel­lo­se broc­co­li­koe­kies

Weg! Platteland - - Kook Met Kool - Win­ter 2016

Maak 8 koe­kies Be­rei­dings­tyd 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 10 mi­nu­te

Met die groen sous is dié ge­son­de ka­se­ri­ge koe­kies ’n heer­li­ke ta­pa. As die kin­ders saam eet, kan jy dit met ’n kaas- of soet ris­sie­sous voor­sit. Jy kan die koe­kies ook ver­der na smaak geur met ge­kap­te ris­sie, ko­myn of pa­pri­ka.

Jy be­no­dig

• 1 broc­co­li­kop (of ge­bruik ’n blom­kool­kop) • 2 ei­ers • 2 eet­le­pels (30 ml) melk • ½ kop­pie (125 ml) a­man­del- of klap­per

meel (of ge­bruik ge­wo­ne koek­meel) • 1 eet­le­pel (15 ml) mie­lie­blom of

psil­li­um­ve­sel • ½ kop­pie (125 ml) ge­ras­per­de par­me­saan­kaas • ½ tee­le­pel (2,5 ml) sout • swart­pe­per na smaak • o­lie of bot­ter vir braai

VIR DIE GROEN SOUS • 3 eet­le­pels (45 ml) ge­kap­te pie­ter­sie­lie • 3 eet­le­pels (45 ml) ge­kap­te ba­si­lie­bla­re • 2 eet­le­pels (30 ml) kap­per­tjie­sa­de • ge­ras­per­de skil en sap van 1 suur­le­moen • 2 an­sjo­vis­fi­let­te (op­si­o­neel) • ¼ kop­pie (60 ml) o­lyf­o­lie

Só maak jy

Maak die sous Meng al die be­stand­de­le vir die sous en pols dit een of t­wee keer vin­nig met ’n staaf­men­ger tot ’n grow­we dik sous. Maak die koe­kies Breek die broc­co­li met die steel­tjies en al in blom­me­tjies. Sny die gro­te­res mid­del­deur so­dat die mees­te stuk­kies om­trent ewe dik is (3-4 cm) – moe­nie dit fyn­kap nie. Stoom die broc­co­li om te keer dat dit wa­ter ab­sor­beer. (Of maak dit 2-3 mi­nu­te son­der wa­ter in die mi­kro­golf­oond gaar.) Dis ge­reed so­dra dit gras­groen raak en gaar maar nog baie ferm is. Hoe jy die broc­co­li gaar­maak, is be­lang­rik om die reg­te eind­re­sul­taat te ver­se­ker. Die be­slag hou net die stuk­ke broc­co­li by­me­kaar, en daar­om moet die broc­co­li nié pap ge­kook word nie.

Meng die ei­ers en melk in ’n gro­te­ri­ge bak met ’n vurk, en roer dan die meel, mie­lie­blom en kaas daar­by in. Geur die meng­sel met sout en swart­pe­per en roer die broc­co­li daar­by.

Ver­hit 2 eet­le­pels o­lie in ’n pan tot ma­tig warm. Ge­bruik ’n eet­le­pel en skep on­ge­veer 2 eet­le­pels van die broc­co­li­meng­sel in die pan om ’n koe­kie te vorm. Sorg dat jy van die be­slag saam met die broc­co­li­stuk­kies raak skep. Dit moet so groot soos ’n plaat­koe­kie wees – on­ge­veer 7 cm in deur­snee. Her­haal die pro­ses, maar moe­nie te veel koe­kies op een slag pro­beer braai nie – hoog­stens drie. Wan- neer die koe­kie lyk of dit be­gin goud­bruin raak aan die on­der­kant en ste­wig ge­noeg is, draai dit ver­sig­tig om en braai die an­der kant tot die he­le koe­kie ferm is. Sit dit warm voor met die groen­sous – as ’n voor­ge­reg óf met ’n groot bak slaai as ’n lig­te mid­dag­e­te. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.