Na­tuur­lik ge­fer­men­teer­de kool (sau­er­kraut)

Weg! Platteland - - Kook Met Kool - Win­ter 2016

Lak­to-ge­fer­men­teer­de kool is vol na­tuur­li­ke ge­son­de bak­te­rieë en dus goed vir ’n mens. Die Ko­re­aan­se weer­ga­we word kim­chi ge­noem, maar dié ba­sie­se re­sep word dan ver­der ge­geur met ge­kap­te stin­gel­uie, vars brand­ris­sie, ge­ras­per­de gem­mer, knof­fel en vis­sous.

Maak 1 fles van 2 ℓ Be­rei­dings­tyd 1 uur plus fer­men­teer­tyd

Jy be­no­dig

• 1 kool­kop van 1,3 kg • 1½ eet­le­pel (22,5 ml) grow­we see­sout • 1 eet­le­pel (15 ml) kar­wy­saad

Só maak jy

Ste­ri­li­seer t­wee fles­se van 1 ℓ elk (of ge­bruik een 2 ℓ-fles). Ste­ri­li­seer ook 2 baie klein fles­sies (50 ml elk) wat in die bek van die groot fles­se sal pas. Die klei­ner fles­sie word bo in die fles bo-op die kool ge­plaas om die kool af te druk en on­der die vloei­stof te hou.

Ver­wy­der die bui­ten­ste bla­re van die kool en sny die har­de bin­ne­deel uit. S­nip­per die res van die kool fyn. Sit al die kool saam met die sout in ’n groot meng­bak en mas­seer die sout vir 10 mi­nu­te met skoon han­de in die kool tot­dat die kool sag raak en sy eie vloei­stof be­gin vorm. Meng die kar­wy­saad deur.

Pak die kool in lae in die fles, en druk el­ke laag met ’n hout­le­pel plat om e­ni­ge lug­bor­rels uit die fles te kry. Moe­nie die bot­tel te vol maak nie – daar moet min­stens 3 cm oop wees. (Ont­hou om ook al die vloei­stof in die meng­bak by te voeg.)

Maak die klein fles­sies vol wa­ter en draai die dek­sels op. Sit dit bo-op die kool. Span ’n skoon kaas­doek bo-oor die bek van die groot fles en sit dan ’n rek­kie om die bek. Laat staan die fles ie­wers bui­te di­rek­te son­lig waar die tem­pe­ra­tuur re­de­lik kon­stant sal bly. Druk ná 24 uur weer die kool in die fles af so­dat al die kool on­der die vloei­stof is. In­dien daar nie ge­noeg na­tuur­li­ke vloei­stof vry­ge­stel word om dit heel­te­mal te be­dek nie, voeg net ge­noeg skoon wa­ter by.

Wan­neer die kool be­gin fer­men­teer, sal jy plek-plek bor­rels be­gin sien. Proe dit ná 3 dae. Dit sal tus­sen 3 en 6 dae neem, en is reg so­dra jy hou van hoe suur die kool ge­raak het. Skep e­ni­ge skuim af wat bo-op vorm, sit ’n dek­sel op en sit die fles­se dan in die ys­kas waar dit vir 2 maan­de of selfs lan­ger goed sal bly.

Plat­te­land sê

Hier­die re­sep is vir ’n ba­sie­se sau­er­kraut. Vir kim­chi voeg jy wor­tel en ris­sie by.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.