Soet­suur pie­kel­kool

Weg! Platteland - - Kook Met Kool -

Maak 1 fles van 2 ℓ Be­rei­dings­tyd 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 10 mi­nu­te plus staan­tyd

Eet dié pie­kel saam met ge­braai­de v­leis, op ham­bur­gers of met ker­rie­ge­reg­te. Dis bin­ne ’n paar uur ge­reed om te eet – dus kan jy dit van­og­gend maak vir van­aand se braai.

Jy be­no­dig

• 1 mid­del­slag-kool (of ge­bruik blom­kool) • 1-2 wor­tels, ge­skil • 2 brand­ris­sies (of meer in­dien jy dit

ver­kies), saad­jies uit­ge­krap en fyn­ge­kap • 1 stuk (3-4 cm) vars gem­mer­wor­tel, ge­skil

en fyn­ge­ras­per • 1 kop­pie (250 ml) rys­a­syn • ½ kop­pie (125 ml) sui­ker • 1 eet­le­pel (15 ml) grow­we­sout

Só maak jy

Ste­ri­li­seer een 2 ℓ-fles. Sny die kool in re­pies van on­ge­veer 2 x 3 cm. Ge­bruik ’n aar­tap­pel­skil­ler om die wor­tels in lang re­pe te sny en sny dan die re­pe in stuk­ke van 3 cm. Meng die kool en wor­tel en pak dit in die glas­fles.

Ver­hit die ris­sie en gem­mer in ’n pot­jie saam met die a­syn, sui­ker en sout, en roer die meng­sel tot­dat die sui­ker op­ge­los het. Haal dit van die plaat af so­dra dit be­gin kook. Gooi die warm vloei­stof oor die kool. Draai die dek­sel op en skud die bot­tel. Laat dit vir min­stens 4 uur staan voor jy dit voor­sit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.