Le­moen­kon­fyt

Weg! Platteland - - Dis Ons Kookbeurt -

Maak 1 fles Be­rei­dings­tyd 45 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 10-15 mi­nu­te

Jy be­no­dig

• 4 groot le­moe­ne • 4 kop­pies (1 li­ter) kook­wa­ter • 3 kop­pies (750 ml) wit­sui­ker • 4 na­el­tjies • 1 ka­neel­stok­kie

Só maak jy

Skil die le­moe­ne. Ge­bruik ’n skerp mes­sie en sny el­ke seg­ment ver­sig­tig los son­der om van die ve­sels raak te sny – dis baie werk, maar druk deur. Maak se­ker daar is geen wit­skil óf vel­le­tjies by nie.

Kook die seg­men­te in ’n oop ka­strol met wa­ter tot­dat t­wee der­des van die wa­ter weg­ge­kook het. Gooi die sui­ker by en roer dit oor lae hit­te tot dit op­ge­los het. Voeg die na­el­tjies en ka­neel­stok­kie by en kook dit vin­nig vir 10 mi­nu­te. Draai die tem­pe­ra­tuur la­er, prut dit vir 10 mi­nu­te en laat dit dan vir nog 10 mi­nu­te rus voor­­dat jy dit in ’n groot ge­ste­ri­li­seer­de fles in­maak. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.