Ge­braai­de ei­er met wil­de sam­pi­oe­ne

Weg! Platteland - - Dis Ons Kookbeurt -

Ge­noeg vir 6 Be­rei­dings­tyd 5 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 5 mi­nu­te

Jy be­no­dig

• 75 g bot­ter • 1 bak­kie wil­de of ek­so­tie­se

sam­pi­oe­ne, in sky­fies ge­sny • 42 ker­rie­bla­re • 18 kwar­te­lei­ers (of ge­bruik

6 vry­loop­ei­ers • 1 knip­pie as­a­foe­ti­da* (be­skik­baar by In­die­se of Pa­kistan­se markte) • suur­deeg­brood om voor te sit

Só maak jy

Ver­bruin die bot­ter in ’n swaar­boom­pan en braai die sam­pi­oen­sky­fies en ker­rie­bla­re saam. Breek die ei­ers oor die sam­pi­oe­ne en braai dit tot dit gaar is na jou smaak. Sprin­kel die as­a­foe­ti­da oor die ei­er en sit dit voor met ’n lek­ker kor­sie­brood. VA­RI­A­SIE Jy kan ook die as­a­foe­ti­da en ker­rie­bla­re ver­vang met ’n paar drup­pels truf­fel­o­lie en ge­kap­te vars I­ta­li­aan­se pie­ter­sie­lie.

* As­a­foe­ti­da, ook be­kend as “hing”, word al­ge­meen ge­bruik in ve­ge­ta­rie­se ge­reg­te om geu­re te ver­sterk. Dis ef­fens on­wel­rie­kend – die an­der naam is im­mers dui­wels­drek! – maar so­dra dit warm word, kry dit ’n lig­te prei­e­geur. Dis dik­wels ’n plaas­ver­van­ger vir knof­fel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.