Pie­sang­poe­ding met klap­per­room­ys

Weg! Platteland - - Dis Ons Kookbeurt -

Ge­noeg vir 6 Be­rei­dings­tyd 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 15-20 mi­nu­te

Jy be­no­dig

• 75 g bot­ter teen ka­mer­tem­pe­ra­tuur, plus ek­stra om die ra­me­kin­bak­kies te smeer • 140 ml room • 60 g wit­sui­ker • 2 groot ei­ers • 2-3 baie ryp pie­sangs, ge­skil • 75 g droë klap­per • 120 g koek­meel, plus ek­stra

vir sprin­kel • 1 tee­le­pel (5 ml) koek­so­da • 1 pyn­ap­pel, ge­skil, in rin­ge ge­sny en vin­nig ge­skroei in ’n rif­fel­pan wat met ’n bie­tjie o­lyf­o­lie ge­verf is • ver­sier­sui­ker om oor te sif

Só maak jy

Ver­hit die oond tot 180 ºc. Smeer 6 ra­me­kin­bak­kies lig­gies met bot­ter en sprin­kel meel oor die bot­ter – skud die oor­tol­li­ge meel uit. K­lits die res van die bot­ter, room, sui­ker en ei­ers tot dit skuim.

Druk die pie­sangs met ’n vurk fyn en roer die klap­per by. Hou dit een­kant. Sif die meel, koek­so­da en ’n knip­pie sout oor die ei­er­meng­sel en roer dan die pie­sang­meng­sel daar­by in. Ge­bruik ’n groot hout­le­pel – die be­slag moet swaar af­drup. Ver­deel die be­slag tus­sen die bak­kies en bak dit vir 15-20 mi­nu­te tot gaar.

Sit die poe­ding voor met klap­­per­room­ys en ge­roos­ter­de pyn­ap­pel­sky­we waar­oor jy ver­sier­sui­ker ge­sif het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.