Ge­vul­de da­dels met ’n spek­baad­jie

Weg! Platteland - - Dis Ons Kookbeurt -

Ge­noeg vir 6 Be­rei­dings­tyd 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 10-15 mi­nu­te

Jy be­no­dig

• 18 da­dels • 1 sta­fie (100 g) bok­melk­kaas

(chè­vre of che­v­in) • 18 dun spek­re­pies, ver­kies­lik

ge­rook met ei­ke­hout­saag­sels

Só maak jy

Ver­hit die oond tot 200 ºc. Sny die da­dels met ’n skerp mes­sie in die leng­te deur en druk ver­sig­tig die pit­te uit. Vul el­ke da­del met net ge­noeg bok­melk­kaas so­dat jy die da­del weer heel­te­mal kan toe­druk.

Draai el­ke da­del dan styf toe in ’n spek­re­pie en steek dit met ’n tan­de­stok­kie vas.

Pak die da­dels op ’n bak­plaat wat met bak­pa­pier uit­ge­voer is. Bak dit vir 10-15 mi­nu­te op die mid­del­ste rak van die oond. Sit dit voor met ’n es­pres­so wat met ’n ge­kneus­de kar­de­mom­peul ge­geur is.

Plat­te­land sê Ver­vang ge­rus die bok­melk­kaas met gor­gon­zo­la- of pe­co­ri­nok­aas – of selfs a­man­dels of ok­ker­neu­te wat lig­gies ge­roos­ter is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.