KZN se su­per­mark-mark

Dou­voor­dag ie­de­re Sa­ter­dag sit rof­weg ’n ses­de van K­wazu­lu-na­tal (en hul­le vier­been­vrien­de) af na die e­nor­me S­hong­we­ni Far­mers & Craft Mar­ket vir ’n sa­li­ge og­gend van spys en drank en goeie ge­sel­skap.

Weg! Platteland - - Op Julle Markte, Gereed… - TEKS JO­HAN VAN ZYL FO­TO’S PE­TER VAN NOORD

ie mô­re­stond het klaar­blyk­lik goud in die mond: Dis knap ná ses vroeg in De­sem­ber 2015, maar 35 km wes van Dur­ban, reg­oor die Hil­l­crest- pri­va­te hos­pi­taal, staan reeds ’n see van kar­re in hel­der son­lig ge­baai. Die men­se hier weet blyk­baar dis neu­sie ver­by as jy, jou men­se, jou hond en jou0 mand­jie5 10 20 ver­slaap Ki­lo­me­ters­vir b­rek­fis by die S­hong­we­ni Far­mers & Craft Mar­ket, wat in 1998 deur Christine S­tan­de­a­ven be­gin is.

Plat­te­land loop vir Christine raak by die stal­le­tjie van Stand­e­a­ven Bre­we­ry, hul­le fa­mi­lie-on­der­ne­ming waar haar seun S­haun die sep­ter swaai, maar die eer­ste ding wat sy wil weet is: “Weet jul­le dis van­dag die héél laas­te keer dat die mark hier ge­hou word? Ons het dié grond ver­koop en die mark skuif 7,7 km ver­der­aan langs die­self­de pad wat hier bui­te ver­by loop, die MR551. Die nu­we plek is fan-tas-ties! Jul­le moet die toi­let­te sien! ’n Dui­send keer be­ter as hier. Die mees­te stal­le­tjies gaan nou op ’n se­ment­blad wees met breë gan­ge on­der­dak so­dat die men­se kan kyk en koop, al re­ën dit. Jul­le moet kom kyk, jul­le kan nie huis toe gaan son­der om dit te sien nie.”

So ge­sê, so ge­daan. En dis net soos Christine be­loof het: in­druk­wek­kend groot met ’n won­der­baar­li­ke uit­sig op ’n wa­ter­val en die geil­groen land­skap van Na­tal. Die Ka­pe­naars klim diep ver­sa­dig op die vlieg­tuig met groot hom­pe kaas, ge­rook­te knof­fel, spek­kon­fyt, tuis­ge­bak­te koe­kies, seep, brood en er­fe­nis­saad in die hand­ba­ga­sie.

shong­we­ni­mar­ket.co.za in­fo@shong­we­ni­mar­ket.co.za S­hong­we­ni­far­mers­mar­ket HEEL BO BO

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.