Ont­moet vir Ce­les­te

Weg! Platteland - - Redakteursbrief - Jo­han & Pe­ter

Dik­wels be­land ons in ’n si­tu­a­sie waar ons Plat­te­land se le­sers moet be­skryf: Wie is hul­le? Waar woon hul­le? Hoe oud is hul­le? In som­mi­ge ge­val­le moet jy hul­le selfs voor­stel as één mens, en daar­die een moet ’n naam kry, ’n ou­der­dom, ’n be­roep, be­lang­stel­lings, kin­ders, ’n in­kom­ste. (Ons pro­beer al­tyd baie vry­ge­wig wees...) Dit gee ge­woon­lik ’n kop­krap­pe­ry en in som­mi­ge ge­val­le ’n ge­kib­bel af, en, ja, ook ’n ge­lag en ge­skerts. Maar nog nooit was daar vol­ko­me een­stem­mig­heid oor hoe daar­die één leser lyk wat Plat­te­land ver­per­soon­lik nie.

On­langs was ons ge­luk­kig ge­noeg om ie­mand te ont­moet wat din­ge ef­fens dui­de­li­ker maak. Haar naam is Ce­les­te Bur­ger en sy woon net bui­te Wor­ces­ter op die plaas Ku­ru­ma. Hier maak sy saam met Ko­bus K­rit­zin­ger vol­gens die be­gin­sels van permakultuur ’n groen­te­tuin wat ge­woon die a­sem weg­slaan. (Ons ís ef­fe ja­loers oor die vars berg­wa­ter wat sy daag­liks uit die Brand­wacht­berg kry.) Sy is ge­troud en het twee kin­ders op u­ni­ver­si­teit. Sy het een wei­ma­ra­ner, S­tof­fel, en sy en S­tof­fel treur nog oor sy sus­sie, Eva, wat on­langs skie­lik dood is. Ce­les­te het gan­se en een­de wat die groen gras van die plaas be­wei en selfs in die groen­te­tuin toe­ge­laat word, want ja, daar’s ge­noeg vir al­mal, selfs na­dat sy self ge­oes en in­ge­maak en ver­werk en weg­ge­gee het. (Die gan­se is om ’n on­ver­klaar­ba­re re­de skie­lik bang vir die dam, want iets of ie­mand het van hul­le maats kom vang. Dít het Ce­les­te só ont­stig dat sy ’n nag­sig­ka­me­ra staan­ge­maak en die ram­pok­ker op he­ter­daad be­trap het: ’n reus­ag­ti­ge ot­ter. Sy be­dink nog ’n plan om hom vas te vat...)

Dit is ons ple­sier om Ce­les­te aan jul­le voor te stel: Sy pryk op die voorblad van hier­die uit­ga­we saam met die ein­ste Ko­bus K­rit­zin­ger (én S­tof­fel) in een klein deel van daar­die man­ji­fie­ke groen­te­tuin.

Ce­les­te is ie­mand wat kan lag en grap­pies maak en on­der­hou­dend ge­sels oor wat in die land aan­gaan (en sy het hoop vir die toe­koms). Sy gee nie om dat haar han­de vol grond word nie en is ’n gas­vrou dui­send. En sy is ie­mand wat jou nooit met leë han­de laat weg­gaan nie. Jy stap weg met ’n brood, ’n fles­sie kon­fyt, ’n bak­kie knol­sel­de­ry­plant­jies, ’n boks vol eier­vrug, wat ook al oor­vloe­dig is in die tuin. Jac, ons voor­blad­fo­to­graaf, is selfs daar weg met ’n em­mer vol kri­oe­len­de kom­pos­wurms.

Ce­les­te, het ons be­sef, is net soos el­ke mens in hier­die tyd­skrif met wie ons ge­sels het. Net soos el­ke leser wat ge­trou el­ke sei­soen hul­le Plat­te­land koop. Dis hul­le – nee, júl­le – wat al­les die moei­te werd maak.

Sien jul­le in die so­mer!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.