Die smaak van vry­ge­wig­heid

Weg! Platteland - - Vertel Ons -

My v­rien­din koop ’n huis op Raw­son­vil­le met ’n boord wat die vo­ri­ge ei­e­naar de­ka­des lank lief­de­vol ver­sorg het. In die hoog­so­mer gaan kui­er ek die eer­ste keer, en toe ek te­rug­ry stad toe, word le­moen­sak­kies boe­pens vol kwe­pers, ha­ne­poot­drui­we, boon­tjies en a­man­dels in­ge­laai.

Ie­wers by die Du­toits­kloof­ton­nel tref ’n be­noud­heid my: Ek het nie ’n boord óf ’n groen­te­tuin nie... wat gaan ek vir háár saam­neem as ek weer gaan kui­er?

Die on­rus­tig­heid groei soos ek peins oor die in­houd van die le­moen­sak­kies in my kat­te­bak. Ek won­der oor die oom wat met so­veel toe­wy­ding sy boord ver­sorg het en dink aan sy bu­re en vrien­de wat ook sul­ke ge­sken­ke ge­kry het. In ruil vir sy me­de­deel­saam­heid het hy waar­skyn­lik weer pro­duk­te uit an­der boor­de en oor­de ont­vang. Dank­ba­re B­re­das­dor­pers het dalk vir hom vis, suur­vye en veld­blom­me ge­bring, en uit Loe­ries­fon­tein is hy mis­kien met ’n vlei­sie, ’n bot­tel kon­fyt of ’n paar stuk­kies skuins­koek be­derf.

In die Strand­veld waar ek groot­ge­word het, het hier­die soort ge­sken­ke som­mer net so op die stoep in ’n boks of le­moen­sak­kie hul­le op­wag­ting ge­maak. Ná ’n suk­ses­vol­le sprin­ger-trek in die vlei het die bu­re ook ’n paar blink vis­se ge­kry. In wa­ter­blom­me­tjie­of suur­vy­tyd is daar al­tyd ’n ek­stra sak­kie af­ge­laai, en waat­le­moe­ne uit Baard­skeer­ders­bos is af­ge­wis­sel met pa­tats uit Na­pier. Groen­vye, per­le­moen, a­li­kruk, aand­blom­me en sui­ker­kan­ne het al­les deel ge­vorm van hier­die uit­ruil van ge­sken­ke uit die ge­meen­skap. Dit sê iets van ’n dank­baar­heid oor wat Moe­der Na­tuur ge­skenk het, van v­riend­skap, van om­gee, en hoe daar vir me­kaar ge­sorg word.

Die gees van me­de­deel­saam­heid ver­tel ook ’n sto­rie van die sei­soe­ne se rit­me en tra­di­sies. Koe­ke­ma­kran­kas wat in die herfs in bran­de­wyn in­ge­lê is vir on­ge­steld­he­de van die maag is ’n wel­ko­me doe­pa teen ’n ga­l­aan­val na­dat jy ’n ryk sprin­ger ge­ëet het. Aand­blom­tyd in die O­ver­berg­se win­ter is die sei­soen om met dié blom­me se be­to­we­ren­de geur ’n v­rien­din “te laat te­rug­keer” na die om­ge­wing waar sy groot­ge­word het. Die so­mer se groen­vye en gra­na­te wat met lief­de ge­pluk en as ’n ge­skenk ge­bring is, smaak tog an­ders as dié wat in die winkel ge­koop is. ’n Boks ha­ne­poot, ap­pel­ko­se, per­skes en groen­te uit Ro­bert­son smaak soos vry­ge­wig­heid moet smaak.

Die boord op Raw­son­vil­le het my ook her­in­ner aan fa­mi­lie­sa­me­syn en die tra­di­sies wat saam met die ver­wer­king van hier­die ge­sken­ke ge­kom het. Die kerf van boon­tjies om ’n kom­buis­ta­fel, die maal van a­li­kruk, die Aga met sto­men­de pot­te vol ap­pel­ko­se en suur­vye... Dis ’n band met my voor­ge­slag­te en die ge­bor­gen­heid en ge­aard­heid wat daar­die ri­tu­e­le om die kom­buis­ta­fel moet ge­bring het. My voor­moe­ders sou weet wat om met die kwe­pers in die le­moen­sak­kie te doen, maar ek het nog nooit eens saam met my dog­ter kon­fyt ge­kook nie.

Die on­ge­skre­we re­ëls van leef en uit­ruil in ’n plat­te­land­se ge­meen­skap ver­klaar dan ook my kom­mer as ek ge­nooi word in ’n tyd wan­neer daar niks in my tuin blom nie en daar ook nie ’n en­ke­le pot­jie kon­fyt in die spens is wat ek kan saam­neem nie. Na­tuur­lik kan ek iets in ’n winkel kry, maar ie­wers bin­ne my weet ek daar is eint­lik ’n an­der ma­nier van doen wat ’n mens met geen geld kan koop nie. Dit voel eg­ter of hier­die in­ge­steld­heid al hoe skaar­ser word, selfs op die plat­te­land.

Dank­sy ’n le­moen­sak­kie uit Raw­son­vil­le be­gin my soek­tog na ma­nie­re om die kos­ba­re ge­sken­ke van die plat­te­land na die stad en na my le­we te bring. Ho­pe­lik sal my ont­dek­kings be­ves­tig dat die ou ma­nier van ge­sken­ke gee nooit op­ge­bruik kan word nie. En dat dit nooit te laat is om te leer kwe­per­kon­fyt kook nie. Ma­di­ne Swart,

STRAND

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.