Te­rug na Van­wyks­dorp

Weg! Platteland - - Vertel Ons -

Jul­le ar­ti­kel oor Van­wyks­dorp in Plat­te­land #11 roep be­hoor­lik die ver­le­de op! My ou­pa­groot­jie Jo­han­nes Ul­rich Gel­der­blom was ’n meu­le­naar op Bop­laas bui­te Van­wyks­dorp, en my ou­pa I­zak Jo­han­nes Gel­der­blom het weer met ko­ring, vrug­te, groen­te en ver­al vol­strui­se ge­boer op As­se­gaai­bos bui­te die dorp. Ná die De­pres­sie­ja­re en die val van die vol­struis­prys moes hul­le weg­trek en ’n an­der heen­ko­me vind.

’n He­le klom­pie jaar ge­le­de het die uit­ge­brei­de Ne­der­land­se Gel­der­blom-fa­mi­lies ’n om­vang­ry­ke na­vor­sings­pro­ses be­gin met die doel om ’n vol­le­di­ge stam­boom in boek­vorm te pu­bli­seer. Van die Gel­der­blom-af­stam­me­lin­ge in Suid-a­fri­ka het saam­ge­werk en dié da­ta is ook in die 325 bladsye van Ge­ne­a­lo­gie Gel­der­blom – Een o­ver­zicht van ci­r­ca 2000 ge­zin­nen op­ge­neem.

Die uit­ein­de was dat Ian Gel­der­blom van Suid-a­fri­ka in 2007 ’n Gel­der­blom-re­ü­nie op Van­wyks­dorp ge­re­ël het om­dat so baie Suid-a­fri­kaan­se Gel­der­blom-af­stam­me­lin­ge se wor­tels hier lê. On­ge­veer 150 af­stam­me­lin­ge het dit by­ge­woon.

Jul­le won­der­li­ke ar­ti­kel dwing my nou om Van­wyks­dorp weer te be­soek! I­zak Gel­der­blom,

KIM­BER­LEY >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.