Koek­sis­ter­poe­ding

Weg! Platteland - - Entrepreneur -

Ou­ma Rooi-koek­sis­ters kan tot twee we­ke lank teen ka­mer­tem­pe­ra­tuur ge­hou of drie maan­de ge­vries word, maar Ger­da meen ná vyf dae op die rak be­gin die koek­sis­ters dof word. Dié baie mak­li­ke, diep de­ka­den­te re­sep is ’n goeie ma­nier om nu­we le­we te blaas in koek­sis­ters wat droog of oud (maar nog eet­baar) is. Die eind­pro­duk lyk glo soos ’n Jan El­lis-poe­ding met ’n fud­ge­ri­ge laag bo- op.

Be­rei­dings­tyd 2 mi­nu­te Bak­tyd 1 uur

Jy be­no­dig

• koek­sis­ters • vars of lang­le­we­r­oom – ge­noeg

om die koek­sis­ters te be­dek • va­niel­je­room­ys om voor te sit

Só maak jy

Ver­hit die oond tot 180 ºc. Pak die koek­sis­ters styf teen me­kaar in ’n oond­vas­te glas­bak en voeg ge­noeg room by so­dat die koek­sis­ters heel­te­mal be­dek word. Bak dit vir om­trent 1 uur tot die room weg­ge­bak het. Sit dit voor met tuis­ge­maak­te va­niel­je­room­ys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.