GROND­MENG­SEL VIR SAAD

Weg! Platteland - - Alles Oor Saai - R86 Len­te 2016

Hit­te­mat­jie vir be­ter ont­kie­ming Dit gaan jou om­trent R100 kos om dié grond­meng­sel vir saad te maak – en dit sal ge­noeg wees om min­stens 80 e­ko­saai­ling­pot­jies te vul.

Jy be­no­dig

• 1 sak (10 ℓ) kom­pos (moe­nie kom­pos ge­bruik met baie den­ne­hout­splin­ters nie om­dat dit al­le­lo­pa­tie­se gif­stow­we be­vat wat groei in an­der plan­te in­hi­beer – ver­al groen­te) • 1 sak (2,5 ℓ) per­liet • 1 sak (2,5 ℓ) ver­mi­ku­liet • 1 sak (5 ℓ) veen­mos

(nié klap­per­mos nie) is die heel nood­saak­lik­ste e­le­ment vir ont­kie­ming en ’n lang leef­tyd. (Lees “Hoe lank by saad vars” op bl. 79.) • Kyk al­tyd op die saad­pak­kie om se­ker te maak van die plant­maand en sei­soen vir jou streek – dit speel ’n be­lang­ri­ke rol in die sukses van jou saad. Dit is ook hoe­kom aard­ver­war­ming so ’n ver­woes­ten­de uit­wer­king het op baie van die plant­spe­sies van­dag: Net en­ke­le gra­de kan die ver­skil be­te­ken tus­sen saad wat uit hul­le dor­man­te toe­stand ge­wek word of dood­brand. • Som­mi­ge saad – meest­al van tro­pie­se plan­te soos ta­ma­tie, eier­vrug, ris­sie en si­troen­gras – sal nie ont­kiem voor­dat die tem­pe­ra­tuur per­fek is nie. Sul­ke saad

Só maak jy

Om te keer dat jy te veel stof maak, gooi die be­stand­de­le lig­gies nat en meng dit dan deeg­lik in ’n krui­wa – ge­bruik ’n graaf óf som­mer jou han­de. Die vog­ge­hal­te van die grond is be­lang­rik, want as dit te nat is, ont­wik­kel ’n fun­gus wat jong saai­lin­ge laat om­val en vrek (dit word om­val­siek­te – in En­gels dam­ping-off – ge­noem).

Die veen­mos en per­liet maak die meng­sel lig en help met drei­ne­ring, ter­wyl die kom­pos en ver­mi­ku­liet wa­ter hou. Die kom­pos sorg ook vir konstante (dog lig­te) voe­ding vir die saai­lin­ge tot hul­le in die grond oor­ge­plant word, en vorm ook ’n teen­voe­ter vir die suur van die veen­mos.

kry ’n ga­we hup­stoot as jy ’n hit­te­mat­jie soos die een links op dié blad ge­bruik – ver­al as jy in die kou­er maan­de so­lank saad wil reg­kry vir die groei­sei­soen. • Die mees­te groen­te- en krui­e­plan­te het 6-8 uur son­lig per dag no­dig. Baie min van hul­le (in­dien e­ni­ge) aard in diepska­du­wee, maar van hul­le sal flo­reer in spik­kel­lig. Krul­kool is by­voor­beeld erg bit­ter as dit in vol­son groei.

WA­TER

Die groot­ste re­de vir ’n mis­oes in be­gin­ner­tui­ne is te veel of te min wa­ter. In­stal­leer ’n be­sproei­ing­stel­sel – drup­be­sproei­ing is die bes­te – om se­ker te maak jou groen­te­tuin kry die reg­te hoe­veel­heid wa­ter op die reg­te tye. >

Werk vir ris­sies, eier­vrug en si­troen­gras Li­vingseeds li­vingseeds.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.