No­ri-en-spruit­ho­rin­kies

Weg! Platteland - - Blomme, Spruite En Mikrokruie -

Hier­die hap­pies is lig en ge­sond, maar baie smaak­lik. Jy kan ook die be­stand­de­le op ’n bord uit­pak so­dat elk­een sy eie ho­rin­kies kan maak.

Ge­noeg vir 4 Be­rei­dings­tyd 10 mi­nu­te

Jy be­no­dig

• ’n hand vol lang son­ne­blom

sprui­te • ½ kop­pie (125 ml) mung­boon

sprui­te • ½ kop­pie (125 ml) ge­meng­de sprui­te soos al­fal­fa en fe­ne­griek • ½ kop­pie (125 ml) mi­kro­kruie van jou keu­se – ons het mos­terd-, kol­jan­der- en spi­na­sie­blaar­tjies ge­bruik • ’n hand vol ge­roos­ter­de

grond­boon­tjies • ’n paar vel­le no­ri (te kry op die Oos­ter­se rak in die mees­te su­per­mark­te) • 1-2 a­vo­ka­do’s, in dun

sky­fies ge­sny • ¼ kop­pie (60 ml) so­ja­sous • 2 eet­le­pels (30 ml) heu­ning • ¼ kop­pie (60 ml) lem­me­tjie­sap • ¼ brand­ris­sie, ge­kap • 1 knof­fel­hui­sie, ge­kap

Só maak jy

Meng die sprui­te, mi­kro­krui­e­blaar­tjies en grond­boon­tjies. Sny die no­ri in stro­ke en rol ’n paar eet­le­pels sprui­te saam met ’n sky­fie a­vo­ka­do daar­in toe so­dat dit ’n ho­rin­kie vorm. Maak die rand­jie van die no­ri nat om dit aan me­kaar te plak.

Meng die so­ja­sous, heu­ning, lem­me­tjie­sap, brand­ris­sie en knof­fel en sit dié doop­sous da­de­lik voor met die ho­rin­kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.