Mung­boon­spruit­slaai

Weg! Platteland - - Blomme, Spruite En Mikrokruie - Len­te 2016

Die kra­ke­rig­heid en vars, skoon smaak van mung­boon­sprui­te kraai ko­ning in hier­die slaai. In die win­kels tref ’n mens dik­wels twee soor­te mung­boon­sprui­te aan: die lan­ges son­der die boon­tjie – wat dik­wels in Oos­ter­se ge­reg­te ge­bruik word – en die klei­ner boon­tjies wat net-net be­gin spruit het. Al­bei is lek­ker en kan in dié re­sep ge­bruik word, maar ek ver­kies die aard­se geur van die jong spruit­bo­ne.

Ge­noeg vir 4 Be­rei­dings­tyd 2 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 10 mi­nu­te

Jy be­no­dig

• 2 kop­pies (500 ml) mung­boon­sprui­te • ’n klein bos­sie son­ne­blom­saad­sprui­te • ’n hand vol a­man­del­vlok­kies • 4 dun re­pe spek • 1 a­vo­ka­do, in blok­kies ge­sny • ¼ kop­pie (60 ml) o­lyf­o­lie • 1 tee­le­pel (5 ml) heu­ning • sap van ½ suur­le­moen

Só maak jy

S­poel die sprui­te deeg­lik af en laat dit d­rei­neer. Roos­ter die a­man­del­vlok­kies in ’n droë pan en hou dit een­kant. Braai die spek bros en sny dit dan in blok­kies. Meng die sprui­te, spek, a­man­del­vlok­kies en a­vo­ka­do. K­lits die o­lyf­o­lie, heu­ning en suur­le­moen­sap saam en drup dit oor die slaai. Sit dit da­de­lik voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.