Bron­kors­sop

Weg! Platteland - - Dis Ons Kookbeurt Dis Ons Kookbeurt -

Maak dié sop die vo­ri­ge dag en ver­hit dit net voor jy dit voor­sit. ’n Bak­kie sop met plat­brood klink dalk ef­fe uit die ou­de doos, maar dis nét die ding om ’n fees­te­li­ke kos­klu­be­te mee af te skop. Laat die gas­te hul­le­self help so­dat jy die laas­te din­ge­tjies vir die res van die fees­maal kan reg­kry.

Maak 2ℓ Be­rei­dings­tyd 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 30 mi­nu­te

Jy be­no­dig

• 2 eet­le­pels (30 ml) bot­ter • 2 sa­lot­te, ge­kap • 1 kg aar­tap­pels, ge­skil en in dun

sky­fies ge­sny • ½ kop­pie (125 ml) droë wit­wyn • 6 kop­pies (1½ ℓ) tuis­ge­kook­te of

ge­koop­te groen­te- of hoen­der­af­trek­sel • 500 g bron­kors ( e­ni­ge wor­tels ver­wy­der en deeg­lik ge­was (sien ons s­lim wenk hier­naas om jou eie te kweek) • sap van 1 suur­le­moen • ½ kop­pie (125 ml) room

Só maak jy

Voor die tyd Ver­hit die bot­ter, sa­lot­te en aar­tap­pel­sky­fies in ’n swaar­boom­ka­strol oor lae hit­te en laat dit vir 15 mi­nu­te sweet met die dek­sel op. Roer dit ná om­trent 7 mi­nu­te deur. Vat jou tyd – die groen­te moet sag en geu­rig word son­der om bruin te braai.

Roer die wyn by en draai die hit­te ef­fens ho­ër so­dat die helf­te van die wyn kan weg­stoom. Voeg dan drie­kwart van die af­trek­sel by, ver­hoog dit tot kook­punt en laat dit dan vir om­trent 10 mi­nu­te prut tot die aar­tap­pel heel­te­mal sag is. Ge­bruik ’n staaf­men­ger om die sop fyn te pols.

Gooi die bron­kors en die res van die koue af­trek­sel in die be­ker van ’n voed­sel­ver­wer­ker of ver­sap­per en pols dit tot glad. Be­waar die hel­der­groen kleur van die bron­kors deur die ver­pulp­te bron­kors en aar­tap­pel­sop a­part in die ys­kas te hou. Om voor te sit Ver­hit die aar­tap­pel­sop en laat dit vir om­trent 5 mi­nu­te prut voor jy die ver­pulp­te bron­kors by­roer. Proe en geur die sop na smaak met sout, vars­ge­maal­de swart­pe­per en suur­le­moen­sap. Drup ’n eet­le­pel of twee room oor el­ke por­sie en sit dit da­de­lik voor. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.