Wat is dié ‘plot­tuhlunt’?

Pro­beer ’n slag vir ’n A­me­ri­ka­ner ver­dui­de­lik wat die woord “plat­te­land” be­te­ken – dit kan nog­al ’n uit­da­ging wees. Nic­ky Smith pro­beer... en dit vat haar te­rug na haar kin­der­dae in Um­ta­ta.

Weg! Platteland - - So Is Die Lewe - ILLUSTRASIE DIEK GRO­BLER Len­te 2016

Die snaak­se ding van Jo­han­nes­burg is om­trent nie­mand wat jy daar ont­moet, kom reg­tig oor­spronk­lik van daar af nie. Eers ’n he­le paar jaar na­dat ek hier­heen ge­trek het, het ek ie­mand ont­moet wat so­waar hier groot­ge­word en in die stad skool­ge­gaan het en nou ook hier werk. Oral waar ek tus­sen men­se was, het ek dit pro­beer be­wys – en ge­dink ek was heel s­lim om dít nou te ont­dek. Maar, soos baie van my ont­dek­kings – soos die briljante toi­let­sit­plek­ver­war­mer wat ek be­dink het toe ek 11 jaar oud was – het ie­mand voor my dit al klaar ont­dek.

Al­mal wat ek ken, kom van Ha­ra­re of Rus­ten­burg of ’Ma­ritz­burg of Dur­ban of die “Suid­kus” af (dis nou as die dor­pie waar hul­le groot­ge­word het te klein is of hul­le is te skaam om dit hard­op te sê). Of van die Baai, Gra­ham­stad, De­von, Du­blin, Bloem­fon­tein, Nê­rens­fon­tein of selfs Um­ta­ta (dees­dae Mt­ha­tha) – dis nou ek daai.

Ná ’n paar jaar het ek aan­vaar nie­mand van Jo­han­nes­burg kom van Jo­han­nes­burg af nie, en die raai­sel het nie meer my ver­beel­ding so erg aan­ge­gryp nie. Al­mal is ’n e­ko­no­mie­se mi­grant of kul­tu­re­le vlug­te­ling. En hoe lan­ger ek hier bly, hoe meer be­sef ek dié gran­de da­me van die Ho­ë­veld gee nie eint­lik om waar jy van­daan kom nie. Sy is meer be­sorg oor wat jy hier doen.

WIE JY WAS, maak nie saak nie. Wie is jy nóú? Aan die een kant is dit baie ver­ge­wens­ge­sind, maar ter­self­der­tyd ook ’n straf, want jy durf nie op­hou dink oor wat jy laas­te ge­doen het nie. As jy op­hou be­weeg, dan ver­drink jy, am­per soos ’n haai. Dis ’n stad vir die he­de.

Dit is dié on­ge­naak­ba­re e­ner­gie wat men­se lok en weg­stoot. Men­se kies die ha­se­pad... Som­mi­ge kom so ver as Kaap­stad; an­der ver­dwyn selfs die­per die duis­ter­nis in: Hul­le keer te­rug na ’n plek soos die huis of mik plat­te­land toe.

“Plot­tuh lunt?” wil die A­me­ri­ka­ner weet ter­wyl sy op­kyk van my skerm af. “Nee, dis ‘plut­tah lundt’.” “Plut­ter lundt.” “Ja, dis be­ter. Maar die laas­te ‘t’ moet

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.