Weg! Platteland

Die DNS van gee

-

Platteland, julle neem my na afgeleë plekke en gehuggies wat ek hopelik sal kan besoek voor ontwikkeli­ng sy tol eis. Julle wys en vertel van mense wat nog lééf en wat my laat terugverla­ng na my eie kinderdae op die plaas en die platteland.

Dis mense wat dalk geskuur en geskroei is deur ons Afrikason, maar ook geleer het om te bottel, bêre, droog, insout en weg- gee wat die natuur bied. En dan is daar julle pragtige troeteldie­rstories en die saaiartike­l in die Lente-uitgawe (#12) wat my vingers behoorlik laat jeuk het.

Een ding weet ek: As jy ’n platteland­er is of was – of nog gaan word – is uitdeel deel van jou DNS, want die natuur gee altyd méér as wat een mens kan opgebruik.

Jacinda Steyn, STILBAAI >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa