Po­ë­sie in pren­te

Weg! Platteland - - Nuus En Dagboek -

Is jy van daai men­se wat nog nooit veel oog­ha­re vir ho­ge­re A­fri­kaan­se po­ë­sie ge­had het nie? Dan is die DVD Film­ver­se 2 am­per ge­waar­borg om jou tot an­der in­sig­te te bring. Dié twee­de af­le­we­ring van die ATKV se veel­be­kroon­de dig­kunsa­ni­ma­sie­pro­jek on­der lei­ding van die ar­tis­tie­ke re­gis­seur Diek Gro­bler (wat ook Plat­te­land se “So is die le­we”-ru­brie­ke il­lus­treer – sien bl. 120), is wrag­tie iets om oor huis toe te skryf. Stel jou voor: 12 A­fri­kaan­se ge­dig­te (van Boer­neef, Op­per­man en Ey­bers tot Nat­han Trantraal, Jo­an Ham­bid­ge, Jo­hann de Lan­ge en Je­an­ne Goo­sen) in die vorm van kort a­ni­ma­sie­films, en dié slag kan jy boon­op die klank­baan ook op En­gels, Zoe­loe of Sotho stel. Ons mond hang oop. • Die DVD kos R120 (pos­geld uit­ge­sluit). Stuur e-pos aan Han­ne­lie van S­chalk­wyk by han­ne­liev@atkv. org.za of bel haar by 011 919 9012 om dit te be­stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.