HOK’ SE STORIE
‘ Hok is opdra aan al die oumas en jong meisies van die Kalahari, sê Betta, want vroeër jare is Boesmanmeisies wat hulle eerste maandstonde kry, aan ’n ritueel onderwerp wat vir die meeste moderne mense vreemd, selfs ontstellend, klink.
Destyds is ’n kleinerige hok gebou waarin die meisie toegesluit is en waar sy ’n maand of wat moes eet en slaap. Sy het geen kontak met mans of ander vroue gehad nie – slegs die oumas kon die hok besoek waar hulle dan die meisie alles oor vrouwees en kosmaak vertel het.
“Bedags leer die oumase haar van die kosse van die veld, van die bessiegoed en wortels, van die tsamma se pitte, hoe jy gatkoffie moet brand, van skoonmaak om die vuur. Daai ouma sê as ’n mens bloed het, maak jy nie kos nie, want die mense sal opblaas. Sy sê die bloed is geheimlik, die jong manne mag nie weet nie,” stel die verteller dit in die toneelstuk.
Die oumas maak ook ’n mengsel van bokdrolle en melkroom waarmee hulle die meisie van kop tot toon skoonskuur voor sy ingesmeer word met “hardevet en safgemaalde rooiklip”. Die hokritueel eindig wan Hok: neer die meisie by ’n groot partytjie ter ere van haar vrygelaat word. Daar word geëet en gedans om enige “betlok” ( bad luck) te besweer.
“Tannie Lys glo die feit dat moderne Boesmanmeisies nie meer hierdie ritueel deurgaan nie, is die hoofrede waarom so baie van hulle voortydig swanger word. “Hulle het g’n respekte vir hulleself of hulle lyf nie,” is tannie Lys se teorie.