Ge­roos­ter­de­knof­fe­len-ha­sel­neut­smeer

Weg! Platteland - - Spaar Water -

Ge­noeg vir 4 Be­rei­dings­tyd 5 mi­nu­te Bak­tyd 20 mi­nu­te

Sit hier­die lig­te geu­ri­ge smeer op ’n warm dag voor as ’n hap­pie of voor­ge­reg met vars groen­te­stok­kies en brood.

Jy be­no­dig

• 6 knof­fel­hui­sies, ge­roos­ter (sien die

re­sep vir knof­fel-con­fit op bl. 99) • 150 g ha­sel­neu­te • 400 g ri­cot­ta­kaas • 1 suurlemoen • 3 eet­le­pels (45 ml) o­lyf­o­lie • 1 k­lein vin­kel­bol (op­si­o­neel)

Só maak jy

Maak die knof­fel-con­fit vol­gens die re­sep op bl. 99. Roos­ter die ha­sel­neu­te vir ’n paar mi­nu­te in ’n warm oond tot dit geu­rig is. S­kud dit uit op ’n va­doek en vryf die skil­le­tjies af. Kap die neu­te dan met ’n mes in grow­we stuk­kies.

Druk die ge­roos­ter­de knof­fel uit die skil in ’n bak en voeg die neu­te en ri­cot­ta by. Ras­per die suur­le­moen­skil bo-oor en druk die sap uit. Meng al­les goed saam en geur die meng­sel na smaak met sout, vars­ge­maal­de swart­pe­per en die o­lyf­o­lie.

Sny die vin­kel­bol in pa­pier­dun sky­fies en gar­neer die smeer daar­mee. Sit dit voor met vars groen­te­stok­kies en ’n lek­ker vars brood met ’n har­de kor­sie. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.