Eend-en-ker­sie­slaai

Weg! Platteland - - Spaar Water -

Ge­noeg vir 4|

Jy be­no­dig

• 2 eend­bor­sies • sout en swart­pe­per na smaak • 2 eet­le­pels (30 ml)

aar­bei­kon­fyt • 1 knof­fel­hui­sie, fyn­ge­druk • 1 suurlemoen

Só maak jy

Be­rei­dings­tyd 5 mi­nu­te | Gaar­maak­tyd 15 mi­nu­te

• 450 g ba­bas­pi­na­sie of an­der

slaai­bla­re van jou keu­se • 1 kop­pie (250 ml) ker­sies (of ge­bruik aar­beie wat jy in sky­fies sny) • 50 g ge­roos­ter­de ok­ker­neu­te • 3 eet­le­pels (45 ml) o­lyf­o­lie Ver­hit die oond tot 200 ºc. Maak 4-5 ke­pe in die vel van el­ke eend­bor­sie, maar wees ver­sig­tig dat jy nie die vleis raak sny nie. Be­sprin­kel die bor­sies dan o­ral­oor met sout en swart­pe­per. Ver­hit ’n giet­ys­ter­pan oor ma­ti­ge tot hoë hit­te en braai die bor­sies met die vel­kant na on­der vir ongeveer 8-10 mi­nu­te tot dit ’n diep goud­bruin kleur het. Meng die aar­bei­kon­fyt, knof­fel en die helf­te van die suurlemoen se sap en verf dit oor die bor­sies. Sit die pan on­be­dek op die mid­del­ste oond­rak en bak dit vir ongeveer 5 mi­nu­te tot me­di­um­gaar. Skep die eend uit die pan om die gaar­maak­pro­ses te stop, en laat dit een­kant op ’n bord af­koel tot ka­mer­tem­pe­ra­tuur. Rang­skik die spi­na­sie­bla­re op ’n slaai­bord met die ker­sies en ok­ker­neu­te tus­sen­in. Sny die eend in sky­fies en rang­skik dit bo- op. Druk die res van die suur­le­moen­sap bo- oor uit en sprin­kel die o­lyf­o­lie oor. Sit die slaai da­de­lik voor met ’n glas Hau­te Ca­bri­è­re Un­wooded Pi­not Noir.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.