Weg! Platteland

Framboosli­monade

-

Maak 750 ml Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 10 minute

Hierdie resep is regtig maklik en kan met vars óf bevrore bessies gemaak word. Dis ’n treffer om voor te sit, maar jy kan dit ook in ’n mooi bottel gooi waarom jy ’n strik vasmaak en dit vir jou gasvrou gee.

Jy benodig

• 400 g vars of bevrore frambose • sap van 2 suurlemoen­e • 1 koppie (250 ml) water • 1 koppie (250 ml) suiker

Só maak jy

Verpulp die frambose in ’n voedselver­werker saam met die suurlemoen­sap en water. Gooi dit deur ’n sif en gooi die pitte weg. Verhit die vloeistof en suiker in ’n kastrol en roer dit vir 10 minute oor matige hitte tot die suiker opgelos het. Laat die mengsel vir ’n paar minute prut en sit dit dan eenkant om af te koel voor jy dit in die yskas bêre om yskoud te word.

Sit dit voor met sodawater na smaak plus ys en mentblare.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa