Spe­si­a­le mie­lie­brood

Weg! Platteland - - Spaar Water -

Maak 1 brood Be­rei­dings­tyd 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 1 uur

’n Mie­lie­brood­jie soos dié een is al­tyd ’n wel­ko­me ge­skenk as jy vir ’n braai ge­nooi word. Jy kan die son­droog­ta­ma­ties weg­laat óf ver­vang met ’n paar re­pies ge­snip­per­de spek wat jy bros braai.

Jy be­no­dig

• 1 blik (410 g) heel­pit­mie­lies • 200 ml ge­ras­per­de ched­dar­kaas • ¼ kop­pie (60 ml) ge­kap­te ba­si­lie­bla­re • 4 stin­gel­uie, ge­kap • 12 son­droog­ta­ma­ties, ge­kap • 2 kop­pies (500 ml) kar­ring­melk • 500 g bruis­meel • ½ tee­le­pel (2,5 ml) bak­poei­er • 1 tee­le­pel (5 ml) sout • 1 eet­le­pel (15 ml) sui­ker

Só maak jy

Smeer ’n brood­pan van 26 x 13 cm en ver­hit die oond tot 180 ºc.

Meng die mie­lies, kaas, ba­si­lie, stin­gel­uie, ta­ma­ties en kar­ring­melk goed saam. Meng die meel, bak­poei­er, sout en sui­ker saam in ’n a­par­te bak. Meng dan die droё en nat be­stand­de­le lig­gies saam.

Skep die deeg uit in die ge­smeer­de brood­pan en bak die brood­jie vir ongeveer 1 uur of tot ’n toets­pen skoon uit­kom. Sit dit voor met ta­ma­tie­kon­fyt (re­sep op oor­kant­ste blad).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.