Want die maan sê so

Weg! Platteland - - Sumario -

Vroeg in 2009 ont­moet ons ’n wel­wil­len­de kaal­voet kê­rel met ’n aan­val­li­ge vrou en ’n skar­re­ling or­rel­py­pies wat ’n al­ma­nak oop­slaan, drie da­tums op ’n stuk pa­pier neer­krab­bel en ver­klaar: “Jul­le moet die o­lyf­bo­me op een van hier­die drie da­tums plant, maar dáár­die dag is die héél bes­te.” Ek­skuus tog? Hoe­sê? Hoe­kom? Sy pre­sie­se ant­woord kan ons nie meer ont­hou nie, maar dit het neer­ge­kom op iets soos “want die maan (of die kos­mos) sê so”. (Met báie groot moei­te kon ons da­rem daar­in slaag om daar­die dag ons oë weer vo­ren­toe toe te rol.)

Hier­die ein­ste eks­aan­de­le­ma­ke­laar wat am­per nooit meer skoe­ne dra nie, is van­dag, ne­ge jaar ná ons ont­moe­ting, een van net ’n hand­jie vol biodinamiese boe­re in Suid­a­fri­ka en waar­skyn­lik ook een van die suk­ses­vol­stes. Met biodinamiese be­gin­sels (en ’n paar vreem­de “pre­pa­ra­te”) het An­gus M­cin­tosh, sy ge­sin en hul­le per­so­neel ’n stuk ver­krag­te grond bui­te S­tel­len­bosch in iets ver­an­der wat die woord “le­wens­krag­tig” waar­dig is. Gaan kyk self as jy wil sien hoe lyk ge­luk­ki­ge bees­te, ge­luk­ki­ge hoen­ders, ge­luk­ki­ge var­ke, ge­luk­ki­ge grond, ge­luk­ki­ge ge­was­se en, les bes, ge­luk­ki­ge, ge­son­de men­se.

Om hier­die “vol­maak­te prent­jie” te skep het groot moei­te en op­of­fe­rings en in­gry­pings ge­verg – en dít is wat ons oor­tuig het om An­gus te vra om so een­vou­dig as moont­lik vir Plat­te­land se le­sers te ver­dui­de­lik wat biodinamiese boerdery be­hels. Lees sy sto­rie op bl. 84.

As jy mooi daar­aan dink, laat se­ke­re men­se hul­le al eeue lank deur die maan lei wan­neer dit kom by saai, oes, steg­gies maak – selfs bran­der­plank­ry of ha­re sny! – en jy kan eint­lik niks ver­loor deur dit min­stens te pro­beer nie. (Ons het daar­die o­lyf­bo­me uit pu­re nuus­kie­rig­heid op die “héél bes­te” da­tum ge­plant en moes stert tus­sen die be­ne aan An­gus er­ken dit was bin­ne ’n jaar dub­bel die groot­te as an­der bo­me wat twee maan­de vóór ons s’n ge­plant is.)

Nog ’n sto­rie in dié uit­ga­we wat moont­lik ’n paar van Plat­te­land se meer we­ten­skap­li­ke le­sers die hor­ries gaan gee, is die een oor “die­re­fluis­te­raars” op bl. 74 wat be­weer ’n mens kan bo en be­hal­we met jou ge­lief­de troe­tel­die­re met am­per e­nig­iets on­der die son “te­le­pa­ties kom­mu­ni­keer” – selfs met daar­die ver­dom­de vlieg wat so op jou ner­we werk.

Lag as jy wil, maar moe­nie slan­ge vang nie – lees eer­der met ’n oop ge­moed en skryf vir ons ’n brief, stem saam, be­wys die teen­deel, ver­tel jou eie sto­rie. Dis mos jóú tyd­skrif.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.