Na­mi­bië in die Bo­land

Weg! Platteland - - Ons Gaan Tuin Toe -

“Ons het op gróót klip­pe af­ge­kom toe ons in 2009 ons huis se fon­da­men­te ge­gra­we het. As ge­bo­re Na­mi­bi­ër het die klip­pe na­tuur­lik met my ge­praat. Net daar het ek be­sluit om ’n rots­tuin te be­gin – ’n stuk­kie Na­mi­bië in die Bo­land. Die rots­tuin het só uit­ge­brei dat my he­le voor­tuin la­ter ’n vet­plant­tuin ge­word het. As plaas­ver­van­ger vir die Na­mi­bie­se ka­meel­do­ring­boom het ek ’n koors­boom ge­plant en die tuin ver­der ver­sier met ver­skil­len­de soor­te woes­tyn­ro­sies, suur­vye, gras­se en ’n boom­aal­wyn.

“Die tuin is tref­fend, verg min aan­dag en wa­ter, en ek dink dit was goed­ko­per om te ves­tig as ’n ‘tra­di­si­o­ne­le’ tuin. Dis heer­lik as jou buur­vrou by jou huis stop en sê jou tuin lyk só mooi, al is dit nou so droog. Ek vra al­tyd vir steg­gies en deel dit ook graag uit.

“Ie­mand het een­dag vir my ge­sê: ‘Jou tuin moet net vir jou­self mooi wees.’ Nou ja, dis wat hier by my ge­beur het. My tuin is ’n bron van vreug­de, ’n plek waar ek kalm­te vind, waar ek kan wees, a­sem­haal en luis­ter. ’n Plek waar ek my ver­won­der aan die na­tuur – en waar daar el­ke dag iets nuuts wag om raak­ge­sien te word.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.