NI­ËL STEM­MET

Weg! Platteland - - My Dorp -

Skry­wer, ont­wer­per en gas­te­huis­ei­e­naar

Ni­ël Stem­met het die O­li­ve S­chrei­ner-skry­wers­fees op Cra­dock by­ge­woon en was op pad te­rug na sy luuk­se gas­te­huis, De Kel­ders Pri­va­te Vil­la, na­by Gans­baai toe hy be­sluit om die Nieu-bet­hes­da-af­draai te neem.

“Ek het nog al­tyd aan­klank ge­vind by die sto­rie van He­len Mar­tins en was van plan om die een of an­der tyd ’n pel­grims­tog na die Uil­huis aan te pak, maar toe hier­die val­lei skie­lik voor my lê, het daar let­ter­lik ’n wolk in my bin­ne­ste ge­breek. Ek was ver­ras deur die ber­ge – ’n mens dink mos nie aan die Ka­roo as ’n plek met ber­ge nie – en het on­mid­del­lik ’n diep sen­se of be­lon­ging er­vaar.” Hy het die­self­de aand nog sy “half­weg-en-af­tree­huis” ge­koop – ’n ver­val­le dog sjar­man­te plek van by die 140 jaar met ’n boor­gat en lei­wa­ter – en ook da­de­lik ’n tuin aan­ge­lê en vrug­te­bo­me ge­plant “so­dat ek in die pa­ra­dys kan woon en jam kook wan­neer dit een­dag my bly­huis word”.

Ni­ël be­skryf Nieu-bet­hes­da as ’n “af­vlerk­dorp” vol fyn­ge­voe­li­ge men­se wat “hoog ge­vlieg het in die ste­de – soms té hoog”, ’n plek wat bruis van e­mo­sies. Op De Kel­ders en in Kaapstad is hy “oop en woe­lig en so­si­aal”, maar dis vir hom net so be­lang­rik om ’n plek te hê wat net sy­ne is. En dis wat hy hier kry: pri­vaat­heid, a­no­ni­mi­teit, al­leen­heid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.