CHARL DU TOIT

Weg! Platteland - - My Dorp -

Tent­ma­ker­pre­di­kant, stryk­stok­ma­ker

’n Mens kan met vei­lig­heid sê Charl du Toit is waar­skyn­lik die e­nig­ste pre­di­kant ter wê­reld wat ook stryk­stok­ke maak en in die ou wa­ter­meul op Nieu-bet­hes­da ko­ring maal waar­mee hy dan grow­we­brood bak en ver­koop.

Na­dat hy in 2000 as pre­di­kant op Wel­ling­ton uit­ge­tree het, het hy vi­o­le be­gin her­stel. ’n Kur­sus om stryk­stok­ke te be­haar het hom ge­ïn­spi­reer om in 2003 in Oos­ten­ryk te gaan leer hoe om self die stryk­stok­ke te maak.

“’n Stryk­stok is ’n baie fyn in­stru­ment wat ge­wel­dig hoë ei­se aan die vi­ool­spe­ler én die stryk­stok­ma­ker stel,” sê Charl. Hy neem so­wat ’n maand om een stryk­stok te maak wat vir tus­sen R9 000 (vir ’n vi­ool) en R12 000 (vir ’n kon­tra­bas) ver­koop word.

Hy be­gin deur ’n stuk per­nam­bu­co – ’n swaar, sterk en veer­krag­ti­ge Suid-a­me­ri­kaan­se hout­soort met ’n dig­te grein – af te werk tot ’n se­ke­re dik­te (en met 8 kan­te) voor­dat die hout ge­buig word. Vol­gen­de is die slof met die stel­skroe­fie waar­voor hy self die sil­wer smelt en die rin­ge­tjie rond­om die o­gie van per­le­moen maak. Die slof word op die stryk­stok ge­pas voor­dat dit dan met ’n strin­ge­tjie per­de­stert­ha­re be­haar word. ’n Kuns­werk in die klei­ne.

Charl en sy vrou, Be­lin­da, het in 2009 Ni­euBet­hes­da toe ge­trek. Hy is tent­ma­ker­pre­di­kant by die VGK op Graaff-rei­net en sy vrou be­dryf die in­for­me­le re­stau­rant The Mel­ting Pot uit hul­le huis. charl.vi­din­bows@gmail.com Bow Ma­ker 083 654 7014

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.