VICTORIA NANCE

Weg! Platteland - - My Dorp -

Me­de-ei­e­naar: Dus­t­co­vers-boek­win­kel

Victoria en haar le­wens­maat, Ni­co Za­ver­di­nos, wat Ne­der­land­se teks­te in En­gels ver­taal, is mal oor boe­ke, katte, hon­de en reis. Hul­le het in K­wa­zu­lu-na­tal ont­moet en ná ’n paar jaar in Port E­li­za­beth het hul­le in 2005 be­gin soek na die per­fek­te plek op Nieu-bet­hes­da om te woon en hul­le boek­win­kel oop te maak.

“Ons is mal oor die stil­te en die na­tuur­skoon, die juk­sta­po­si­sie tus­sen die prag­ti­ge groen dorp waar­in ons woon en die ge­stroop­te, on­ge­naak­ba­re, droë skoon­heid van die Ka­roo,” sê Victoria.

“Be­hal­we vir die klein­dorp­se po­li­tiek wat jy maar op e­ni­ge plek kry, is ons reg­tig ge­luk­kig hier. Maar men­se het ge­wel­di­ge voor­op­ge­stel­de i­dees oor ons i­dil­lie­se le­we. Op die plat­te­land is jy diep be­wus – in el­ke ge­val veel meer as in die ste­de of voor­ste­de – van die har­de werk­lik­he­de van Suid-a­fri­ka. Ek sou sê dis on­moont­lik om hier ’n be­skut­te le­we te lei.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.