ALI SAJU AHMED

Weg! Platteland - - My Dorp -

Win­ke­lier

Die 22-ja­ri­ge Ali het twee jaar ge­le­de uit Bangla­desj na Suid-a­fri­ka ge­kom om sy broer te help wat ses jaar ge­le­de ’n win­kel op Graaf­fRei­net oop­ge­maak het. Nou be­stuur hy die al­ge­me­ne han­de­laar op Nieu-bet­hes­da wat ook aan dié broer be­hoort.

“Dis lek­ker hier. Baie stil met geen mis­daad of pro­ble­me nie. Dis heel­te­mal an­ders as waar ek van­daan kom. Bangla­desj is ’n baie klein land­jie met ver­skrik­lik baie men­se en min werks­ge­leent­he­de. Ek het van ’n be­ter le­we ge­droom, en toe ek klaar was met kol­le­ge, het ek be­sluit om my tas­se te pak.”

Hy mis net sy fa­mi­lie, sê hy. “Wel, my an­der broers en sus­ters, want my pa en ma is al oor­le­de.” En sy groot­ste uit­da­ging bly die A­fri­kaans: “T­he­re is so much A­fri­kaans in this vil­la­ge and I on­ly know bie­tjie-bie­tjie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.