ANDRÉ DU TOIT

Weg! Platteland - - My Dorp -

André het 12 jaar ’n back­pac­kers in Pie­ter­ma­ritz­burg be­sit, maar was nog al­tyd mal oor droë plek­ke. “En in dié op­sig klop niks die Ka­roo of die spe­si­fie­ke ska­ke­ring blou lug wat jy in die Ka­roo kry nie,” sê hy.

Hy het 10, 12 jaar ge­le­de die eer­ste keer ’n draai ge­maak op Nieu-bet­hes­da ná ’n “pel­grims­tog” na die O­li­ve S­chrei­ners­ar­ko­faag op Buf­fel­skop bui­te Cra­dock, en daar­na dik­wels hier uit­ge­slaan. In 2012 het hy ’n huis in Pie­naar­straat aan­ge­skaf, te­rug­ge­gaan K­wa­zu­lu-na­tal toe om sy be­sig­heid te ver­koop en in Ja­nu­a­rie 2013 het hy en sy twee Af­gaan­se hon­de hul­le per­ma­nen­te in­trek ge­neem.

“Ek het goeie koek en goeie kof­fie ge­mis, ’n paar boe­ke ge­koop en be­gin oe­fen, maar gou be­sef op Nieu-bet­hes­da is dit nie die soort be­sig­heid wat se­we dae per week kan sa­ke doen nie. Nou is ek net Son­dae en o­pen­ba­re va­kan­sie­dae oop en dit pas my soos ’n hand­skoen.”

Hy was nog nooit spyt oor sy skuif nie, maar mis tog ’n se­ke­re ge­meen­skaps­ge­voel – ’n tri­be, sê hy, wat hy steeds in K­wa­Zu­lu-na­tal en in die Kaap het.

“Na­tuur­lik is hier ’n ge­meen­skap, men­se wat me­kaar groet en help en wat jou laat weet as daar pro­ble­me is, maar ek dink om­dat am­per al­mal hier in­kom­mers is en óf wou weg­kom van iets óf iets nuuts wil pro­beer, vat dit baie lank om die soort ‘ou, diep’ ge­meen­skap te ves­tig wat jy by­voor­beeld in Pie­naar­sig sal aan­tref.”

Ei­e­naar: Man­na – Bet­ter Ca­ke & Cof­fee

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.