BRUNO REOLON

Weg! Platteland - - My Dorp -

Ei­e­naar: Bruno’s Alf­res­co Piz­ze­ria

Bruno, ’n voor­ma­li­ge haar­kap­per, self­ge­leer­de sjef en re­stau­rant­baas van iets-in-die-tag­tig, het in 1956 net mooi ge­noeg ge­had van S­wit­ser­land na­dat hy met 200 S­wit­ser­se frank be­boet is om­dat hy nie die dek­sel van die vul­lis­drom be­hoor­lik toe­ge­maak het nie. “To­taal be­lag­lik! En die ge­raas en ver­keer! Dis een van daai ver­ve­li­ge lan­de waar al­mal moet in­pas, en ek is ge­luk­kig net te re­bels daar­voor!” blaf hy, stoot sy kuns­tan­de uit en lag dan soos ’n man wat pas die bes­te grap van sy le­we ge­hoor het.

Bruno en sy oor­le­de vrou het Nieu-bet­hes­da in 1988 die eer­ste keer be­soek en bin­ne twee uur ’n na­week­huis ge­koop dank­sy di­vi­ne

gui­dan­ces en al­mig­hty po­wers wat ’n mens nie durf ig­no­reer nie, sê hy.

Nou woon hy al ’n kwart­eeu op die dorp; hy het met sy eie han­de vir hom ’n man­ji­fie­ke on­der­grond­se wyn­kel­der ge­bou; hy eet meest­al rou kos, gooi net Vry­dag­aan­de die deu­re van sy piz­za-en-pas­tap­lek oop en glo al­les sal uit­werk as jy net glo dit sal. “Ek het ’n fan­tas­tie­se le­we ge­had,” sê hy, dink dan so ’n bie­tjie en lag: “Ek hét ’n fan­tas­tie­se le­we. Op ’n fan­tas­tie­se plek. Om die waar­heid te sê het ek die heel bes­te le­we. Op die heel bes­te plek.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.