DALEEN KRUGER

Weg! Platteland - - My Dorp -

Kuns­te­naar en hon­de­lief­heb­ber

Daleen was lank die in­lig­tings­be­amp­te op Dar­ling en het ook vir Pie­ter­dirk Uys ge­werk, maar hou haar dees­dae op Nieu­bet­hes­da be­sig met “fo­to’s, skil­der, beeld­hou­werk, hand­werk, plays, ra­di­o­dra­mas... ’n mens moet oor­leef, jy weet”.

Sy het in 2009 die Nag­te­gaal­teks­prys ge­wen met haar der­de dra­ma, Draad­werk, wat fo­kus op out­si­der­kuns en die heg­te vriend­skap tus­sen He­len Mar­tins en Koos Mal­gas. Die stuk is on­der meer by die KKNK op­ge­voer, maar vir ’n la­te­re speel­vak in 2011 het ’n vrien­din van haar op die dorp, Anya Ger­ryts, dog­ter van wy­le Eg­bert Ger­ryts van The Vil­la­ge Inn, die rol van He­len ge­speel en Daleen het hier­heen ge­kom vir die re­pe­ti­sies.

“Daar­die twee maan­de hier was ’n on­ge­loof­li­ke tyd... ek is ba­sies net te­rug Y­zer­fon­tein toe om my pot­te­bak­ker­s­a­tel­jee op te pak en is se­dert A­pril 2012 vol­tyds hier, al voel ek par­ty­keer soos ’n ka­rak­ter son­der ’n teks... hier móét ’n mens jou in ’n ma­te oor­gee aan tyd­loos­heid en a­no­ni­mi­teit.

“Ver­der het Nieu­bet­hes­da nog­al ’n sterk e­so­te­rie­se kant én dis ’n ge­wel­di­ge kul­tuur­his­to­rie­se plek...

“En na­tuur­lik is daar die Uil­huis, maar vir my lê He­len Mar­tins se na­la­ten­skap eintlik bui­te die mu­re van daar­die huis: daar waar die hand­wer­kers sit met hul­le stal­le­tjies.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.