KRY EER­DER HULP

Weg! Platteland - - Troeteldiere -

Dit is nie ’n goeie i­dee (óf kin­der­spe­le­tjies) om self ’n wilde kat te vang nie. Al die ken­ners met wie Plat­te­land ge­sels het – vee­art­se, die­re­ge­drags­ken­ners én vry­wil­li­gers by red­dings­or­ga­ni­sa­sies – be­veel aan jy kon­tak eer­der ’n red­dings­or­ga­ni­sa­sie. “’n Vas­ge­keer­de wilde kat sal al­tyd weg­kruip... óf ba­klei,” sê die Kaap­se kat­ge­drags­ken­ner Bar­ba­ra Ge­or­ge. “Dis hul­le oor­le­wings­in­stink, en nie ‘sleg­te ge­drag’ nie. As jy ’n wilde kat vang en huis toe neem, is dit soos om ’n mens son­der e­ni­ge ver­dui­de­li­king in ’n tronk toe te sluit. Jy neem hom weg van ’n plek wat hy ken en ver­staan.” Goed, ek het dit ge­doen, met die kaal han­de, maar die mees­te ken­ners is stom­ge­slaan daar­deur. Dr. S­ha­ryn S­pi­cer, stig­ter van Tuf­cat ( tuf­cat.co.za), ver­tel sy het al ge­sien hoe selfs ’n klein wilde kat­jie ’n mens aan flar­de krap en byt. Ek het in­der­daad krap­mer­ke en ’n le­li­ke byt ge­kry – sterk hand­skoe­ne sou ’n goeie plan ge­wees het. Vir my won­de moes ek ’n klem-in-die-kaak-in­spui­ting kry, wat vyf jaar hou. “As die byt erg is, is an­ti­bi­o­ti­ka soms no­dig, en bui­te die Wes-kaap ook ’n honds­dol­heid-in­spui­ting,” sê dr. Lau­ren Lee, ’n huis­dok­ter van Kaapstad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.