Ge­pie­kel­de witlof

Weg! Platteland - - Kook Met Witlof -

Die ef­fen­se bit­ter van die witlof word ver­sag wan­neer jy dit te pie­kel. Die bla­re kan da­de­lik ge­bruik word – sit dit voor ge­snip­per op slaai of as deel van ’n kaas­bord. Maak 1 groot fles Be­rei­dings­tyd 20 mi­nu­te plus pie­kel­tyd

Jy be­no­dig

• 3 wit­lof­kop­pe • 700 ml rooi­wyn­a­syn • 150 g bruin­sui­ker • 1 eet­le­pel (15 ml) see­sout • 1 eet­le­pel (15 ml) heel kol­jan­der­saad • 2 eet­le­pels (30 ml) heel mos­terd­saad • 1 eet­le­pel (15 ml) swart­pe­per­kor­rels • 2 lou­rier­bla­re

Só maak jy

Sny die wit­lof­bla­re los van die stronk en pak dit een vir een in glas­fles­se waar­in dit kan reg­op staan.

Gooi die a­syn, sui­ker en sout in ’n ka­strol en ver­hit dit sta­dig tot die sui­ker op­ge­los het.

Roos­ter al die spe­se­rye in ’n droë pan tot die saad­jies be­gin skiet en klap. Voeg die spe­se­rye by die a­syn­meng­sel, ver­hit dit tot kook­punt en laat dit dan een­kant af­koel.

Giet die meng­sel in die fles­se so­dat die bla­re be­dek is. Ver­se­ël die fles­se en hou dit vir tot ’n week in die ys­kas so­dat die geur kan ont­wik­kel. Jy kan dit ook da­de­lik ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.