Ha­lou­mi-en-wit­lof­slaai

Weg! Platteland - - Kook Met Witlof -

Die vars, bit­ter knars van die witlof en die suur van die si­trus vorm ’n heer­li­ke kon­tras vir die warm ge­braai­de ha­lou­mi­kaas. Vir va­ri­a­sie kan jy die wit­lof­bla­re in dun re­pies sny voor­dat jy dit met die res van die be­stand­de­le meng.

Ge­noeg vir 4-6 Be­rei­dings­tyd 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 10 mi­nu­te

Jy be­no­dig

• 2 le­moe­ne • 2 suur­le­moe­ne • 2 wit­lof­kop­pe • 250 g ha­lou­mi­kaas • 2 eet­le­pels (30 ml) a­vo­ka­do-o­lie • 2 spriet­uie, ge­kap • 2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­druk en ge­kap • 3 eet­le­pels (45 ml) rooi­wyn­a­syn • ¼ kop­pie (60 ml) o­lyf­o­lie • 50 g a­man­del­splin­ters, ge­roos­ter

Só maak jy

Sny die le­moe­ne en suur­le­moe­ne in seg­men­te en ver­wy­der die wit vlie­se. Sny die wit­lof­bla­re los van die kop en pak dit saam met die si­trus­seg­men­te in ’n bak.

Sny die ha­lou­mi in dik vin­gers. Ver­hit die a­vo­ka­do-o­lie in ’n pan en braai die ha­lou­mi­vin­gers tot dit mooi goud­bruin is. Meng in­tus­sen die spriet­uie, knof­fel, a­syn en o­lyf­o­lie saam. Pak die ge­braai­de hal­lou­mi op die slaai en drup die slaai­sous bo-oor. S­prin­kel laas­tens die a­man­dels oor en sit dit da­de­lik voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.