Witlof-ta­pas

Weg! Platteland - - Kook Met Witlof -

Wit­lof­bla­re kan in die plek van be­skuit­jies of brood voor­ge­sit word met doop­sou­se en vul­sels. An­ders as an­der slaai­bla­re sal dié bla­re kraakvars bly en hul­le vorm lan­ger be­hou. Ge­noeg vir 4-6 Be­rei­dings­tyd 10 mi­nu­te

Jy be­no­dig

• 2-3 wit­lof­kop­pe • 1 kop­pie (250 ml) room­kaas of maas­kaas • ½ kop­pie (125 ml) ra­dy­se, in

vuur­hout­jie­stok­kies ge­sny • 1 groen­ap­pel, in vuur­hout­jie

stok­kies ge­sny • ¼ kop­pie (60 ml) gra­naat­pit­te • 4 spriet­uie, fyn­ge­kap • 125 g par­ma­ham of ge­braai­de

spek, ge­kap • gra­naat- of bal­se­miekre­duk­sie

Só maak jy

Sny die wit­lof­bla­re los van die kop en smeer dan ’n mes­punt room­kaas in die ba­sis van el­ke blaar.

Vul die bla­re met ’n lig­te strooi­sel van die ver­skil­len­de vul­sels en ein­dig met ’n paar drup­pels gra­naat- of bal­se­miekre­duk­sie. Sit die ge­vul­de bla­re da­de­lik voor – as jul­le dit nie da­de­lik gaan eet nie, kan el­ke gas eer­der sy eie bla­re vul.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.