K­nol­sel­de­ry-en-aar­tap­pel­ge­bak

Weg! Platteland - - Platteland-eteklub -

Jy kan dié ge­reg maak in ’n ka­strol wat net so oond toe kan gaan óf dit uit­skraap in ’n vier­kan­ti­ge 20 cm-oond­bak. Dank­sy die on­kon­ven­si­o­ne­le gaar­maak­me­to­de het dit veel min­der tyd in die oond no­dig. Ge­noeg vir 6 Be­rei­dings­tyd 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 45 mi­nu­te

Jy be­no­dig

• 600 g was­ag­ti­ge aar­tap­pels • 600 g k­nol­sel­de­ry ( ce­le­ri­ac) • 2 knof­fel­hui­sies • 75 g bot­ter, in blok­kies ge­sny • 2 kop­pies (500 ml) room • 2 tee­le­pels (10 ml) vars tie­mie­blaar­tjies • 1 kop­pie (250 ml) ge­ras­per­de

gruyè­re­kaas

Só maak jy

In­dien jy nie die ge­reg in die­self­de ka­strol gaan bak as waar­in jy dit kook nie, smeer ’n oond­bak van 20 x 20 cm met ek­stra bot­ter. Sny die aar­tap­pels in sky­we van 5 mm dik. Skil die k­nol­sel­de­ry en sny dit ook in dun sky­we. Druk die knof­fel­hui­sies met die plat kant van ’n bre­ë­lem­mes plat en kap dit baie fyn. Sit die bot­ter en room in ’n groot swaar­boom­ka­strol, ver­hit dit oor ma­ti­ge hit­te en geur dit na smaak met sout en swart­pe­per. Voeg die tie­mie, fyn­ge­kap­te knof­fel, aar­tap­pel­sky­we en k­nol­sel­de­ry by. Wag dat die meng­sel kook­punt be­reik en roer dit af en toe met ’n hout­le­pel. Laat dit vir 10 mi­nu­te prut – die sty­sel in die aar­tap­pel sal die sous ver­dik. Jy kan dit nou be­dek en in die ys­kas hou tot die vol­gen­de dag óf dit da­de­lik bak.

Ver­hit die oond tot 200 ºc. S­prin­kel die kaas oor en bak dit vir 30 mi­nu­te tot dit mooi goud­bruin is. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.