Sam­pi­oe­ne ge­vul met krul­kool en neu­te

Weg! Platteland - - Platteland-eteklub -

Jy kan hier­die sam­pi­oe­ne ook voor­af maak en op die dag van die ete saam met die vark­vleis bak.

Ge­noeg vir 6 Be­rei­dings­tyd 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 20 mi­nu­te

Jy be­no­dig

• 3 kop­pies (750 ml) ge­kap­te

krul­kool ( ka­le) • ge­ras­per­de skil en sap van 1 suur­le­moen • 2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­druk • 100 g ok­ker­neu­te, fyn­ge­kap • ’n hand vol ge­ras­per­de par­me­saan­kaas • 6 groot bruins­am­pi­oe­ne • o­lyf­o­lie

Só maak jy

Ver­hit die oond tot 200 ºc. Mas­seer die krul­kool met die sap en skil van die suur­le­moen en meng dit dan met die knof­fel, ok­ker­neu­te, par­me­saan en sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak.

Vul die sam­pi­oe­ne met die meng­sel, drup ‘n bie­tjie o­lyf­o­lie oor en bak dit vir 20-30 mi­nu­te in die oond.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.